Grabbel jy gereeld? Taaltoffie stel ondersoek in.
Alles vir Maandag 20 Julie 2015
Kanker eis nóg ʼn Afrikaanse musieklegende
Skaars ʼn week nadat Fredi Nest ter ruste gelê is ná ʼn kort stryd teen kanker, het kanker nog ʼn Pretoriase musieklegende se lewe geëis.
Vrae ná ma en ongebore baba by hospitaal sterf
ʼn Familie van Randfontein, in die weste van Johannesburg, eis antwoorde van die Gautengse departement van gesondheid nadat ʼn jong ma en haar ongebore baba dood is ure nadat sy in die Dr. Yusuf Dadoo-hospitaal opgeneem is.
Liggies bly aan, vir nou
Eskom het Maandag aangekondig dat die kragnetwerk stabiel is en dat geen beurtkrag vir die oggend beplan word nie.
Skerp polisiebeamptes trek berugte ‘Tupperware-dief’ vas
Die polisie in Upington in die Noord-Kaap het Vrydag ʼn vermeende inbreker vasgetrek wat in die gemeenskap bekendstaan as die “Tupperware-dief”.
Nuuskommentaar: Om beleggers onder die alie te skop
Oral ter wêreld word intensiewe pogings om buitelandse beleggings te lok van stapel gestuur. Suid-Afrika se pogings word egter oorskadu deur lomp en ideologiese wetgewing, radikale vakbonde en politici wat ʼn hoër premie op politieke beheer as bestuursuitnemendheid plaas.
Verkeernagmerrie in Pta ná noodlottige ongeluk
ʼn Vroegoggend kettingbotsing op die N1-snelweg in die ooste van Pretoria het die lewe van ʼn man geëis en verkeer in groot dele van die stad swaar ontwrig.
Panayiotou sit stryd om borgtog voort
Christopher Panayiotou (28), wat daarvan beskuldig word dat hy sy vrou Jayde laat vermoor het, se appèlaansoek nadat hy borgtog geweier is, word Maandag in die hooggeregshof in Grahamstad aangehoor.
KZN-man vas oor vuurwapens wat glo vir Jhb-moorde gebruik is
ʼn 37-jarige man, wat moontlik verbind kan word aan verskeie moorde wat in Johannesburg gepleeg is, is in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem.
Video: Branderplankryer se noue ontkoming met haai in Jeffreysbaai
Die Jeffreysbaai-ope het Sondag ʼn benoude oomblik opgelewer toe ʼn haai langs een van die branderplankryers verskyn het terwyl mense op die strand en TV-kykers toegekyk het.
Die Voortrekkers se wigvormige hartbeeshuis: Die skilddak met geronde ente
Hannes Raath, ’n kundige op die gebied van volksargitektuur, beskryf in hierdie week se artikel hoe die Voortrekkers ’n wigvormige hartbeeshuis se skilddak met geronde ente gebou het.
Gedagte vir die dag: God vergewe en reinig
So ver as wat die verste punte van die heelal van mekaar af is, so ver, en nog verder, vat Hy ons sondes se straf van ons af weg. (Psalm 103:12, Die Boodskap)