Lees: 2 Korintiërs 5:11-21
Raak prakties
Jesaja 40:3-4: “Iemand roep: ‘Maak vir die Here ʼn pad in die woestyn, maak in die barre wêreld ʼn groot pad vir ons God.’” Hierdie woorde lê op Johannes die Doper se lippe – Johannes 1:23 – toe die priesters en Leviete hom kom uitvra het. En eien hy hierdie aksie: “Ek is die een wat in die woestyn uitroep.” So, hoeveel mense is jy tans besig om aan te moedig om ʼn pad in die barre wêreld van hul harte en lewens te maak? En dan, wanneer die pad gereed is, aan te kondig (1:29)”: “Daar is die Lam van God.”
Iets om oor na te dink
Daardie iemand wat toevallig oor jou pad gekom het, is dalk nie toevallig nie…!
Gebed
Here, my lof vir U, my liefde vir U, my opgewondenheid oor U… is ekstaties! Amen.
- ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.
Moenie mense probeer voorsê nie. Bring ‘n boodskap. Die werk berus by die Heilige Gees.
Dankie vir die voorse. Ons raak elke dag so besig met ons eie dinge en gryp nie die kans om saad van geloof te saai nie. Ons moet saai en die Heilige Gees sal die res doen. Dankie vir elke dag se boodskap.