ToekomsVenster: Ons bely en bid

gebed-seun-skemer-sonsondergang-deur-juanita-badenhorst-2018-06

Foto: Juanita Badenhorst.

Hoewel die Geloofsbelydenis van Nicéa die naam dra van die plek Nicéa (Klein-Asië) waar in die jaar 325 die eerste ekumeniese konsilie gehou is, is dit nie letterlik die belydenis wat op die konsilie opgestel is nie. Dit het ná 362 ontstaan en is uitgebrei op die tweede ekumeniese konsilie te Konstantinopel [381]

 

Ons glo in een God, die almagtige Vader, die Skepper van hemel en aarde, van alle sienlike en onsienlike dinge;

en in een Heer, Jesus Christus, die eniggebore Seun van God, gebore uit die Vader voor alle tye;

(God uit God) Lig uit Lig, waaragtige God uit waaragtige God, verwek, nie gemaak nie, een

in wese met die Vader;

deur wie alle dinge ontstaan het;

wat ter wille van ons, die mens, en ter wille van ons saligheid, neergedaal het uit die hemel, vlees

geword het deur die Heilige Gees uit die maagd Maria, en mens geword het, wat selfs vir ons

gekruisig is onder Pontius Pilatus, gely het en begrawe is;

en op die derde dag opgestaan het volgens die Skrifte; wat opgevaar het na die hemel, en wat sit

aan die regterhand van die Vader;

wat weer sal kom met heerlikheid om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het, wie

se koningsheerskappy geen einde sal hê nie;

en in die Heilige Gees, die Heer en Lewendmaker, wat van die Vader en die Seun uitgaan, wat

saam met die Vader en die Seun aanbid en verheerlik moet word, wat gespreek het deur die

heilige profete.

Ons glo aan een heilige, algemene kerk, gegrond op die leer van die apostels.

Ons bely een doop tot vergifnis van sondes;

ons verwag die opstanding van die ontslapenes,

en die lewe van die toekomstige eeu. Amen.

Uit: Die Handboek vir die Erediens van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, 1988

 

Kom ons bid nou die Onse Vader, die gebed wat Jesus sy dissipels geleer het. Ons lees daarvan in Matteus 6.

Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam

geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil

geskied, soos in die hemel net so ook op die

aarde; gee ons vandag ons daaglikse brood; en

vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons

skuldenaars vergewe; en lei ons nie in versoeking

nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U

behoort die koninkryk en die krag en die

heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.