“Die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en die wat daar woon, alles behoort aan die Here.” – Psalm 24:1
Raak prakties
Rentmeesters sien nie net die bestuur van hul finansies en offergawes as verantwoordelikheid teenoor God nie. Inteendeel, dit sluit die verantwoordelike bestuur van alles soos besittings, tyd, gesondheid, familie, werk en kerk in. Verantwoordelikheid teenoor God maak dat gelowiges tot aksie oorgaan en so word hul liefde aan God geopenbaar. Watter praktiese planne het jy in plek om jou geloof te aktiveer tot dade?
Iets om oor na te dink
Een mooi eienskap van rentmeesterskap is dat God die eienaar van alles is en dat gelowiges as bestuurders optree. Met hierdie verstaan, definieer ware rentmeesterskap dus die doel van God se kinders se lewe op aarde. Gelowiges is medewerkers in God se koninkryk.
Gebed
Baie dankie dat U my met alles toevertrou.
- ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.