ToekomsVenster: Wat plaas jy op die altaar?

Foto: Juanita Badenhorst.

Maar jy, bly by wat jy geleer het en wat jy vas glo. Jy weet tog wie jou leermeesters was – 2 Tim. 3:14

Wanneer ʼn mens die kern, die onverhandelbare prysgee, het jy ʼn probleem. Dit is waar met betrekking tot die hele lewe. Sekere besliste keuses moet gemaak word soos: wat is die beginsels aan die hand waarvan jy jou lewe inrig. Wat staan vir jou vas en kan onder geen omstandighede prysgegee word nie?

Tot hoe ver is jy bereid om toe te gee voordat jy sê “tot hier en nie verder nie”.

Sakelui veral word hiermee gekonfronteer. Ek hoor gereeld hoe dit al hoe moeiliker raak om ʼn rolspeler in die sakegemeenskap te bly tensy jy bereid is om “onder die tafel deur” onderhandelinge aan te knoop. Dit vra vaste geloof om te sê “hier staan ek, ek kan nie anders nie. Die Here sal my help”.

Dit is eweneens waar wat jou geloofsoortuiging betref. Talle sake word deesdae driftig debatteer. Waar staan en val jou oortuiging? Jesus as die gekruisigde en opgestane Here hoort by die sake wat nie op die altaar van teologiese vernuwing geoffer kan word nie. Nuut interpreteer is een ding maar verraad teenoor die hart van die Evangelie iets heeltemal anders. Daar is baie sake wat in ʼn grys area lê. Sake wat ons gerus maar by die Here kan los soos wie gaan hemel toe en wie bly agter? Ons skep kategorieë van aanvaarbaarheid en sluit mense by voorbaat uit. Ek verstaan die Evangelie as God se liefdes uitnodiging.

Elkeen wat dors het kom na die water. (Openb. 22:17)

Brood en melk verniet. (Jes. 55:1,2)

Al wat gevra word is dat jy honger en dors genoeg moet wees.

Wie dink dat hulle gesond is raadpleeg nie ʼn geneesheer nie. Net siek mense soek na genesing. (Matt. 9:1vv)

Wat plaas jy op die altaar van aanvaarding, bekendheid, populisme, oorlewering, bevordering, vooruitgang, sukses, applous?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.