Vorige wenners sluit in Pieter-Dirk Uys, Studietrust, Patrice Motsepe, adv. Thuli Madonsela en die Kantoor van die Openbare Beskermer, die afrigter-en-atleetspan van mev Anna (Ans) Botha en Wayde van Niekerk en Gift of the Givers.
Lees meerAlles vir Dinsdag 4 Februarie 2020
Bobbejaan versorg leeuwelpie in Krugerwildtuin
ʼn Bobbejaanmannetjie wat ʼn leeuwelpie ronddra en hom versorg is oor die naweek in die Krugerwildtuin opgemerk.
Jeremy Maggs bedank as waarnemende redakteur by eNCA
Jeremy Maggs, die waarnemende hoofredakteur van die TV- en aanlyn nuusdiens eNCA, tree met onmiddellike effek uit die amp.
Pelgrimsrus: ‘Dorp steeds veilig’
Inwoners van Pelgrimsrus sê dié toeristedorp is veilig, ondanks ’n skietvoorval by ’n taverne buite die dorp.
Beurtkrag duur tot Donderdag voort
Fase 2-beurtkrag sal tot Donderdag om 06:00 voortduur en steeds tydens spitstye vir verkeer opgeskort word.
14 skoliere sterf tydens stormloop in Kenia
President Uhuru Kenyatta van Kenia het Dinsdag opdrag gegee dat ondersoek ingestel word ná 14 skoliere tydens ʼn stormloop gesterf het. Minstens 39 skoliere is tydens die voorval beseer.
Drie in hof oor miljoene se perlemoen
Drie persone het in die Polokwane-landdroshof verskyn nadat hulle glo betrap is toe hulle miljoene rand se perlemoen vervoer het.
ToekomsVenster: Wat plaas jy op die altaar?
Wat plaas jy op die altaar van aanvaarding, bekendheid, populisme, oorlewing, bevordering, vooruitgang, sukses en applous?
Doodsklokke lui vir Centurion-meer
Die Tshwane-metro sal Woensdag die twee oorblywende sluishekke van die Centurionmeer se keerwal by die Hendrik Verwoerd-brug oopmaak as deel van ʼn proses om dié meer te dreineer en die natuurlike vloei van die Hennopsrivier te herstel.
Beweerde plaasmoordenaar kry borg, nou skoonveld
Tshepo Justice Rasodi was glo betrokke by ʼn plaasmoord in Ellisras en uit op borgtog toe hy verdwyn het.
Die wêreld in foto’s – 4 Februarie 2020
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Kapers teiken nou ook motorhandelaars
Tydens die ontmoeting word kopers of verkopers van al hul besittings en kontant beroof en met wapens gedreig.
Wêreldkankerdag: Beskerm só jou geestesgesondheid
Afgesien van fisieke verandering is ʼn vrees vir die dood, lewensplanne wat verander, sosiale rolle wat verskuif, finansiële stres en ʼn verandering in leefstyl alles faktore wat geestesgesondheid kan belemmer.
Oud-Koevoetlid se liggaam dalk gevind
Die liggaam is vroeër Dinsdag deur ʼn lid van die publiek in ‘n veld gevind.
Aitsa-musiektoekennings weer vanjaar uitgedeel
“Die vernaamste doel van Aitsa bly steeds om deurlopende harde en uitstaande werk op musikale vlak in ons pragtige taal, Afrikaans, te beloon en te vereer.”
Kantoor van die meester Woensdag weer oop
Die spesiale ondersoekeenheid ondersoek klagtes van korrupsie en wanbestuur in dié kantoor.
Boekresensie: Die nuwe Afrikaanse prosaboek
Liefhebbers van kortverhale sal verheug wees oor die groot verskeidenheid verhale wat in die bundel verskyn.
Uitdrukking: Nie handvol nie, maar landvol
Wat het die uitdrukking “nie handvol nie, maar landvol” met die liefde te doen? Taaltoffie stel ondersoek in
Suzuki se nuwe interessante buksie in Indië op die proef gestel
Maroela Media was onlangs bevoorreg genoeg om vir die eerste keer ʼn internasionale motorbekendstelling by te woon.
Video: Die vis wat ʼn muur kon ‘klim’
ʼn Video van ʼn vis wat lyk of hy ʼn muur uitklim, laat sosialemediagebruikers verbaas.