Gedagte vir die dag: Vars vrugte: Vrede

vrede_berg_see_arms-uitgestrek_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Bybelblits: Lees Filippense 4:6-7

Die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge is daar nie ’n wet nie. (Galasiërs 5:22-23)

Verbeel jou jy is by die dokter omdat jy medisyne nodig het. Jy het ’n uitslag wat jeuk, ’n hoofpyn wat nie wil ophou klop nie, en gedagtes wat nie in die aand tot rus wil kom nie. Hy dink en skryf dan vir jou ’n voorskrif uit:

     Naam van medisyne: Vrede.

     Dosis: Drink dit elke sekonde van elke dag vir die res van jou lewe.

     Moontlike newe-effekte: Geen bekommernisse meer nie.

Vrede is medisyne – vir bekommernis. Filippense 4:6-7 sê: “Moet oor niks  bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen. En God se vrede, wat meer is as wat ’n mens dink, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou omdat julle aan Christus Jesus verbonde is.”

Ware vrede kom van God. Dit is nie iets wat ons ten volle kan verstaan nie, maar vrede is altyd daar vir ons – as ons kies om dit vir ons te neem. Filippense 4 is ons voorskrif. Dink aan God as jou groot Geneesheer wat kan gesond maak, ongeag wat jou makeer. Al wat jy hoef te doen, is om vir Hom van jou simptome te vertel. Jy kan sê: “Here, vandag het ek hulp met my wiskundetoets nodig. Wiskunde is vir my regtig baie moeilik en ek is bekommerd dat ek nie goeie punte gaan behaal nie. Ek het ook hulp met my vriende nodig. Ons hou aan baklei oor simpel goed. Hierdie dinge maak my baie bekommerd. Help my, asseblief. In Jesus se Naam. Amen.”

Jy sal verbaas wees oor hoeveel beter jy sal voel as jy ophou om jou so te bekommer en begin bid. Wanneer jy al hoe meer bid, sal jy vind dat jy al hoe meer van God se vrede ervaar.

Hartspraatjies: Kry vir julle elkeen ’n vel papier. Maak ’n lys van alles waaroor julle bekommerd is. Bid dan ’n rukkie oor elke item op julle lysies. Wanneer julle klaar is, skeur die papier op. Daardie dinge is nou alles op God se lysie en julle kan op Hom staatmaak om daarvoor te sorg.

Bron: Die Eenjaar Ma en Dogter dagboek deur Dannah Gresh
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

ameli ·

Dankie Kosbare Vader vir U Vrede wat U my gee, dat ek my bekomernisse by U kan los. Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.