Hy het op sy knieë neergesak en hard uitgeroep: “Here, moenie hierdie sonde teen hulle hou nie!” (Handelinge 7:60)
Duisende Christene moes al hulle lewe aflê ter wille van Christus. Die meeste van ons kan vandag nie die laaste keer onthou, as daar al ooit so ’n keer was, toe ons standpunt moes inneem vir ons geloof nie. Sou dit gebeur, sal jy staande kan bly?
As mielies nie tot ’n fyn poeier gemaal is nie, is dit nie geskik om brood mee te bak nie. Dit is hoe God met ons werk: Hy maal ons met smart en pyn totdat ons stof word, en dan is ons geskikte brood vir sy gebruik. ~ Anna Bradstreet
Here, gee dat ons bereid sal wees om op te staan vir U, selfs wanneer ons vervolg word. Amen