Gedagte vir die dag: Volhard tot die einde

hardloop_sonsopkoms_natuur_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: Pixabay.com

Ek het die goeie stryd gestry, ek het die wedloop voltooi, en ek het gelowig gebly. En nou wag die prys vir my: die lourierkrans vir ’n lewe in gehoorsaamheid wat die Here, die regverdige Beoordelaar, my sal gee op die groot dag van sy terugkeer. En dié prys is nie net vir my nie, maar vir almal wat gretig uitsien na sy heerlike verskyning. (2 Timoteus 4:7-8)

Net soos maraton-atlete hard moet oefen om hulle uithouvermoë te verbeter sodat hulle die wedloop suksesvol kan voltooi, moet Christene hard werk om te volhard in ’n lewe van geloof in Jesus en sterk te staan tot aan die einde.

Wanneer jy jou uithouvermoë versterk het, sal jy nie gedurende die wedloop uitsak nie, maar volhard in die doel om meer en meer soos Jesus te word. Dan sal jy die wenstreep na die hemel oorsteek en die ewige beloning wat Hy aan jou belowe het, ontvang.

Wat doen jy om jou geestelike uithouvermoë te versterk?

Bron: Wees sterk en standvastig
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Here by U voete wil ek kom rus….versterk my geloof tot ere van U naam..Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.