Gedagte vir die dag:  Volmaakte liefde

vrou_bybel_bid_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle hart en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. (Filippense 4:6-7)

Kinders van God het nooit rede tot bekommernis nie. Al wat hulle hoef te doen, is om vir God te sê wat hulle behoeftes is, en om sommer tegelykertyd vir Hom dankie te sê dat Hy vir hulle dié dinge sal gee. Mense wat dit kan regkry, leef met God se vrede in hulle lewe.

Gebed en danksegging is pasmaats. As jy dit ontdek het, kan jy die baie vrese in jou lewe vir God se volmaakte vrede verruil.

Ons kan God se liefde verwerp, maar ons kan Hom nie dwing om ons op te hou liefhê nie. ~ Ampie Barnard

Bron:  ‘n Lewe naby God – Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.