Gedagte vir die dag:  Vreugde oor …

 swanger-vrou-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Met die geluid van Maria se groet, het die kindjie in Elisabet se skoot beweeg en Elisabet is met die Heilige Gees vervul. (Lukas 1:41)

Die Heilige Gees het pas vir Maria die boodskap gebring dat sy – sonder dat sy by ’n man geslaap het – swanger is. Dat sy die Kind van God in haar dra! Oorstelp met hierdie amper ongelooflike nuus, gaan kuier sy vir Elisabet. Dan lees ons hoe die kind in Elisabet – wat al ’n geruime tyd swanger was – van vreugde in haar baarmoeder beweeg.

’n Mens sien amper hoe Elisabet met uitgestrekte arms na Maria loop en haar hande op Maria se maag sit en in bewondering uitroep: “Jy is bo alle ander vroue deur God geseën, en jou kind is geseënd. Wat ’n eer is dit dat die ma van my Here my besoek!” (1:42-43)

’n Ongebore kind spring van vreugde oor die koms van die Heilige. Mag ek en jy, ten spyte van so baie dinge wat ons vreugde steel, elke dag diep in die baarmoeder van Waarheid skuil. En vreugde wéés.

My hart is vandag oorlopens toe vol van vreugde … omdat U, die Redder, ín my is.

Bron: Krag vir elke dag deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.