Gedagte vir die dag:  Die vuur en die water       

aand_sterre_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

U het ons deur mense laat vertrap, ons het deur vuur en water gegaan; maar toe het U ons uitgelei na oorvloed toe. (Psalm 66:12)

Die psalmskrywer sê God se werke is ontsagwekkend, “vreeslik” (awesome, terrible, fearsome). Alle mense moet die Here dien en eer! Dan gaan sy gedagtes na die tye toe dit baie sleg gegaan het met Israel – asof hy wonder of dit teenstrydig is met God se werke. Hy dink moontlik aan die slawerny in Egipte (die Jode lees hierdie psalm oor Paasfees) of toe die Assiriërs Jerusalem vir twee jaar beleër het. Ja, hulle is inderdaad deur die vuur en die water. Waar was God toe?

Dan kom die klimaks egter: God het hulle daaruit gelei en weer met oorvloed geseën. Dit leer ons dat daar wel vuur en water sal wees. Uitdagings, spanning en hartseer is deel van die lewe. Onthou egter ook dat ’n mens deur hierdie dinge beweeg – dit kom, dit word verduur en dan gaan dit verby. Met ander woorde dis tydelik. Neem dit as ’n belofte! Daarna kom die oorvloed weer, die vreugde en blydskap, vrede en liefde. Dis op pad!

Vader, ek weet die lewe behels goed én sleg. Ek beleef dit ook so. Ek weet egter ook dat alles by U goed eindig. Amen.

Bron: Hou vas aan die Hoop deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Elize ·

Here ek het U regtig nodig ek het oorplasing regtig nodig om by my kind en ouers uittekom asb ek kan nie dit Alles Alleen doen nie asb hulp ek weet ek moet glo maar ek raak Moeg asb my gebed

Bertie ·

Liewe Elize,
Ek lees jou gebed. Die feit dat jy vir Jesus sê dat jy dit nie alleen kan doen nie, is dat HY in elk geval by jou is; jy is NOOIT alleen nie. HY SAL jou help. Moet net nie moed verloor nie, Hy weet klaar wat more vir jou gaan bring! SY TYD is nie ons tyd nie. Net as jy wil opgee, dan kom die deurbraak. Ek hou jou in my gedagtes. Hou vas xx

Bertie ·

Dit sal weer gebeur ; God is die dag van gister, vandag EN van more – tot in ewigheid! Sy beloftes is waar.

Gerhard Smit ·

Hi Elize ek dra Psalm 27 vers 14 op na jou dit lees Wag op die HERE ,Laat jou hart sterk wees; Ja wag op die HERE hy SAL deur kom vir jou sterkte

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.