U woord is ’n lamp vir my voete en ’n lig op my pad. (Psalm 119:105)
Wanneer ’n mens ’n verwarrende klomp keuses het, is dit moeilik om te weet watter rigting om in te slaan. Wanneer jou pad skynbaar aan alle kante versper is en daar geen uitweg is nie, voel jy kwaad en vasgevang. Of jy by ’n kruispad gekom het of by ’n doodloopstraat staan, jy kan weet God sal jou op die regte pad lei.
Draai na God se Woord vir wysheid oor wat om te doen. Hy sal ’n aanduiding gee van sy prioriteite. Hy sal julle waarsku oor die gevare van sonde en die vyand. Hy sal aandui hoe om vrede met ander te maak en Hy sal julle leer hoe om te bid. Die Gees sal deur die bladsye van die Bybel spreek en julle hart en verstand lei. 2 Timoteus 3:16 sê immers: “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig om ons te onderrig, die verkeerde te weerlê, om ons tereg te wys en om die regte leefstyl by ons te kweek.”
Volg vandag die roetekaart van God se Woord. Lees en bestudeer dit met toewyding en vra vir die Here om julle te help om dit te verstaan. In sy groot liefde sal Hy getrou vir julle uitkoms bied.
Here, dankie dat ons nie alleen ons pad deur die lewe hoef te vind nie. Leer ons om op u Woord staat te maak. Wys vir ons watter rigting om te volg en plaas in ons harte die wil om te volg waar U ons lei. Amen.
Dankie Here Prys U,U word is altyd “n padwyser in die donker tye van mens lewens,wanneer jy voel did nie meer nodig om met die lewe aan te gaan nie. Haleluja prys Sy Grote Naam.Raadsman ,Alfa en Omega!!!