Gedagte vir die dag:  Was my   

waterval_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Was my skoon van my skuld. Reinig my van my sonde. Want ek ken my oortredings en my sonde is gedurig voor my. Teen U, U alleen, het ek gesondig; ek het gedoen wat vir U verkeerd is. Daarom is u uitspraak reg en u oordeel regverdig. (Psalm 51:4-6)

Die Bybel sê as ons ons hart vir die Gees van God oopmaak, sal Hy dit vol maak met ’n heilige haat vir sonde en met die honger en dors na ’n nuwe lewe. Ons het op dié voorstel gereageer en is bevry van ons sondes wat ons hele lewe vervloek en besmet het. Alles wat die Bybel hieroor sê, is waar.

Here, was my sondes weg deur die bloed van u Seun en help my om hierdie nuwe lewe toegewy aan U te leef. Amen

Bron: Wysheid uit die Woord
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Kornel ·

Voorwaar, so die waarheid. In my eie lewe is ek skuldig. Daarom Bid en vra ek vergifnis vandag. So ook vir ons land se mense.
Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.