Video: Wees kreatief en maak jou eie Kerskrans

Hannelie du Preez. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch/Maroela Media)

Hannelie du Preez, ʼn grafiese ontwerper van Pretoria, wys Maroela Media-lesers hoe om ʼn mooi en maklike Kerskrans te maak wat opgehang of as ʼn tafelversiering gebruik kan word.

Of jy nou geld op Kersfeesversierings wil spaar of vervelige hande in die vakansietyd besig wil hou, loer gerus na dié stap-vir-stap video.

Jy benodig:

  • ʼn Sirkelvormige basis, hetsy ʼn klaargemaakte een van plastiek Kerfeesboomtakke of uitgedroogde blare
  • Snoeiskêr
  • Bloemistedraad
  • Bloemistekleefband
  • Gomgeweer
  • Versierings van jou eie keuse soos dennebolle, uitgedroogde blare, Kersfeesboomversierings en bessies.

Metode:

 

Stap 1:
Besluit hoe groot jy jou Kerskrans wil hê, en heg dan jou groen basisse aan mekaar om ʼn sirkel te vorm. Indien nodig, bind die punte vas met bloemistekleefband of met draad.

Stap 2:

Voeg nog groenigheid by deur uitgedroogde of nagemaakte blare te snoei en in klein bossies aanmekaar vas te maak. Heg dan die bossies kloksgewys, effens oormekaar, aan die basis deur dit met bloemistedraad vas te bind. Maak seker die blare is eweredig versprei om leë kolle te vermy.

Stap 3:

Voeg kleurvolle versierings met gom by volgens jou persoonlike smaak. Maak egter seker die versierings is behoorlik vasgegom.

Wenke:

  • Om ʼn mooi sirkel vorm te verseker, werk altyd in onewe getalle van 5 of 7 vir elke element.
  • Kies vooraf die bokant van jou krans en voeg ʼn hakie met draad of ʼn lint by om dit maklik op te hang.

Kyk na die volledige video hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.