10 dae van geskenke: Hier is die Van Loveren-wenners

Maroela Media, jou lekkerste bron van nuus, jou tuiskomsplek, jou heenkome, vier vanjaar ons 10de verjaarsdag! Om dié spesiale verjaarsdag te vier, het verskeie ondernemings en organisasies hand bygesit om ons lesers te bederf.

Baie geluk aan Elizabeth Potgieter van Boksburg, Ria Crous van Villieria in Pretoria, Jorinda Schreuder van Kleinmond, Hettie Doubell van Vereeniging, Rachel Stemmet van Kempton Park, Anneke Schroeder van Sonstraalhoogte, Rose van Rooyen van Swartklip naby Thabazimbi, Jacques Conradie van Pretoria, Rudi van Heerden van Centurion en Liezel Bronkhorst van Port Elizabeth wat elkeen ʼn geskenkbewys ter waarde van R1 000 elk wen van Van Loveren!

Die bekende wynfamilie Van Loveren vier vanjaar sy 40ste verjaarsdag met ʼn nuwe verfynde voorkoms.

Robertsonvallei se Van Loveren Family Vineyards vernuwe sy kern-wynreeks

Veertig jaar ná die Retief-broers Wynand en Nico, seuns van die stigters, die bekende, modern-klassieke Van Loveren-handelsmerk gevestig het, is die etiket, fokus en voorkoms blink gepoleer met die oog op ’n nog helderder toekoms vir dié voortreflike reeks wyne.

Vir die viering van ’n merkwaardige familie-wynonderneming – nou in die hande van die volgende geslag – met ’n blinkgepoetste voorkoms van die handelsmerk, is ontwerp-inspirasie geput uit die Retiefs se heg-geweefde persoonlike erfenis en die diep-gesetelde etos van dié uitblinker-wynprodusent.

Dié spesiale verjaarsdag word gedenk met die bekendstelling van die Van Loveren-erfenisreeks se aantreklike nuwe verpakking. Die wyne, voortreflike voorbeelde van kelderkuns, is reeds vier dekades uiters gewild onder geslagte Suid-Afrikaners. Die nuwe etikette huldig met ’n subtiele modern gedaante die wynmakery se geskiedenis.

Phillip, derde Retief-geslag en besturende direkteur, sê die handelsmerk-vernuwing is die gevolg van Van Loveren se langtermyn-toewyding oor die geslagte heenom individuele talente en sterk eienskappe ten beste aan te wend vir ʼn gedeelde visie.

“Hierdie kenmerkende eienskap van ons manier van doen het tydens die pandemie en die kelder se grendeltyd – toe ons diep gedink het hoe om Van Loveren-wyne ten volle tot sy reg te laat kom – goed gewerk: Ons span het besef hoeveel die gedagte van die familie oral voorkom. Nie net in die aard van die wyne nie, maar natuurlik ook in die verhouding tussen die eienaar-gesinslede en ons werknemers.”

Hierdie ‘groep van families’ is inderdaad die handelsmerk se unieke verkoop-pluspunt.

Die verpakking en voorkoms is dus geïnspireer deur die storie, plekke en merkers oral op en in die Van Loveren-landgoed, kelder en tuine. Die treffende grafiek op die etiket kom van die uitnodiging na die troue van Hennie Retief senior met Jean van Zyl. Hulle het die oorspronklike plaas in 1937 aangekoop en na een van haar voorgeslagte, Christiena van Loveren, herdoop.

Daardie datum in die ontwerp is nie net ’n saluut aan die verlede nie, maar ’n herinnering van die Van Loveren Family Vineyards se toegewydheid aan vernuwing en vooruitgang, immer uiters bewus van wat by die wynverbruiker byval sal vind.

“Ons verhaal was nog altyd een wat deur erfenis bepaal en deur die baanbrekerdrif bestuur is: om op die verlede vir ’n vervullende toekoms te bou – gekenmerk deur vernuwing, toewyding en geesdrif vir die wyne wat ons keurig versorg,” sê Retief.

Die wyne van die Van Loveren Family Vineyards strek oor ’n aantreklike wye reeks. Die nuwe voorkoms is gefokus op die eietydse wynliefhebber wat soveel geniet: van vonkel- tot gefortifiseerde wyn, wit en/of rooi, enkeldruifsoort en kelderkenner-versnitte.

Bo-aan die reeks is Christiena’s Trousseau en die Retief Reserve-etikette, terwyl gawe drinkwyne Tangle Tree en die ont-alkoholde Almost Zero die omvang afrond.

Van Loveren-wyne is wyd beskikbaar by alle vooraanstaande handelaars en wynwinkels, asook aanlyn by www.vanloveren.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ria ·

Wow wat n groot verrassing was dit nie en nou kan ek my “favourite” wyn drink met my verjaarsdag die 25ste Aug!! Dankie aan Suné wat my die goeie nuus meegedeel het en dankie aan Maroela Media en ook Van Loveren. Jul is die beste!!!

Bosveldbul73 ·

Baie, baie dankie Maroela Media en Van Loveren-wyne!
Hierdie was seer sekerlik een van die lekkerste oproepe om te gekry het. In ‘n tyd waar mense wereldwyd wens vir net ‘n bietjie goeie nuus, was dit regtig lekker om Sunè se oproep gister te ontvang.
Op die volgende 10+100 jaar, Maroela Media!
Gesondheid! – Rudi van Heerden.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.