Cobus Reinach en Aphelele Fassi het vandag gewys dat die Suid-Afrikaners goeie drieë kan druk as hulle die geleentheid kry, terwyl Jasper Wiese ’n barshou gespeel het.
Lees meerAlles vir Saterdag 14 Augustus 2021
Sesde verdagte vas oor reusedwelmvonds op N1
Die verdagte is dopgehou en by ʼn pakhuis in Strand, Kaapstad, aangekeer.
Foto’s: Toegegooi onder ʼn sneeukombers
Die koue in dié geweste is nie vreemd vir dié tyd van die jaar nie en word verwelkom, veral omdat dit ná die winter help met die aanvulling van waterbronne.
Familie wag 11 uur langs liggaampie ná tref-en-trap
Die driejarige kind is omstreeks 13:00 by ʼn voetgangeroorgang op die N1 in Limpopo raakgekry. Patoloë het die liggaampie eers ná middernag kom verwyder.
Hoekom ek (onder meer) Afrikaans op 14 Augustus gaan vier
Ons is nie geïsoleerd in ons strewe om Afrikaans in sy volle omvang te laat floreer nie. Sprekers oor die wêreld heen deel ons sentiment en het self al meer uiterste stappe gedoen om hulle tale te laat geld.
Bulle knoop Leeus se sterte
Die Bulle het ʼn kliniese vertoning gelewer, veral nadat van die talentvolle jongelinge wat in die eerste helfte gespeel het deur hardebaarde vervang is.
Zuma-vriende soek nie ‘private dokter’ naby oudpresident
“Elke burger het ʼn reg op privaatheid en die reg dat sy of haar mediese toestand of private gesondheidsrekords nie bekend gemaak en deur elke Jan Rap en sy maat bevraagteken word nie.”
Aanvaller skiet polisieman in vriend se huis
Die polisiebeampte het nog sy uniform aangehad toe hy ná sy skof by ʼn vriend se huis aangedoen het.
US help bou aan unieke ‘Afrika’-viool
Die viool is enig in sy soort en is uit inheemse hardehout afkomstig uit Knysna geskep.
Vermeende horingsmokkelaar vas
Die besending horings is as “rekenaarafval” gemerk en was op pad na Maleisië.
Taaldag: Hoeveel moeite gaan jy vir jou hartstaal doen?
Een van die uitdagings verbonde aan ʼn minderheidstaal is die feit dat die sprekers daarvan deur die taal wat deur die meerderheid gepraat word oorweldig word.
Pa verloor moedige stryd ná rowerskote
“Sy het vir my gesê volgens die dokters was daar ʼn 99%-kans dat hy nie gaan oorleef nie, maar sy het tog vasgehou aan die 1%.”
Apple verdedig nuwe eienskappe ná kommer oor privaatheid
Een van die nuwe eienskappe is die vermoë om seksuele misbruik in foto’s wat na sy iCloud-wolkdiens opgelaai word, te identifiseer.
Akademia koop ‘studentelewe’ by WAT
“Ons wil nie hê ons studente moet verveeld of terneergedruk wees nie, maar eerder die volheid van hul jeug en talente saam met ander medestudente geniet en ontgin.”
All Blacks mors met Wallabies
Gʼn All Black-rugbyspan moet op sy baadjie getakseer word nie. En die groot vraag is hoe die Springbokke oor ʼn paar weke teen die All Blacks sal vaar.
Een sterf, talle beseer in Centurion-botsing
In ʼn afsonderlike voorval is drie mense dood toe hul motor ʼn boom in Bloemfontein getref het.
Viëtnamees vas wat glo onwettig in wild handel dryf
Soek-en-beslagleggingslasbriewe is tegelykertyd op ʼn plaas naby Bela-Bela in Limpopo – wat deur ʼn Viëtnamees besit word – en twee stooreenhede in Pretoria uitgevoer.
Studiefonds ʼn reddingsboei vir aspirantjoernalis
“Ek dink die toekoms van Afrikaans is niks minder nie as rooskleurig en opwindend.”
Situasie by hawens verbeter ná chaos
“ʼn Mens skakel nie net die worsmasjien af nie.”
Munisipale amptenaar, twee ander vas wat glo HOP-huise verkoop
Die niksvermoedende slagoffers sou reageer op advertensies op sosialemediaplatforms, waarna die sindikaat hulle glo na die munisipale kantoor sou stuur om die koopooreenkomste te gaan onderteken.