Hier is ons Valentynsdag-wenner

Argieffoto (Foto: autumnsgoddess0/Pixabay)

Valentynsdag is om die draai en wat is dan nou lekkerder om te vier as die liefde? Maroela wou graag een van ons lesers bederf met R2 000 kontant sodat jy en ʼn geliefde dié jaar Valentynsdag sommer behoorlik kan vier.

Ronel Vermeulen van Plattekloof in die Wes-Kaap is die gelukkige wenner wat met dié kontantprys wegstap. Haar idee van ʼn romantiese afspraak is ʼn kombers op die strand met ʼn kers en ʼn mandjie vir twee gepak met lekker eetgoed, vonkelwyn, biltong en rose. Sy sê die maanlig en branders kan mens se liefde seël vir ʼn ewige lewe saam.

Geluk, Ronel!

*Bly ingeskakel op Maroela Media – ons het vanjaar nog opwindende kompetisies wat kom!

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.