Hou jou snor só netjies dié Movember

Foto ter illustrasie. (Foto: Shoeib Abolhassan/Unsplash)

’n Snorkam, baardolie en ’n bietjie selfvertroue is al wat die manne gaan nodig hê dié November.

Tydens Movember, oftewel November, gee snorre en baarde die toon aan, met talle mense wat aan ’n uitdaging deelneem om te kyk hoe welig hul snorre aan die einde van die maand is.

Movember het in 2003 in Australië begin toe ʼn groep vriende van Melbourne besluit het om sommer vir die grap snorre te kweek. Die volgende jaar het 450 mans ook snorre gekweek.

Vandag, 19 jaar later, neem miljoene mans en vroue van reg oor die wêreld aan dié projek deel.

Dié projek plaas die kollig op die gesondheidskwessies, ook selfdood onder mans en prostaat- en testikulêre kanker, wat mans in die gesig staar. Om deel daarvan te word, kan jy bloot self ’n snor kweek, 60 km aflê vir 60 mans wat per uur wêreldwyd weens selfdood sterf, of ’n groep vriende nooi om iets as ʼn groep saam te doen. Vroue kan dus ook aan die Movember-uitdagings deelneem!

Hoe hou ek my snor netjies?

Maroela Media het by Leandri Ohlsen, ’n manshaarkapper by Kuif en Baard, ’n haarsalon in Pretoria, ingeloer om uit te vind hoe ’n snor en baard netjies gehou kan word.

“Ek glo dat mans Movember skoongeskeer moet afskop, wat dit eintlik makliker maak,” vertel Ohlsen.

“Dit gaan maar net daaroor om dit netjies te hou.”

Dit is egter, volgens Ohlsen, glad nie moeilik om te doen nie. Talle mans kan ’n welige snor kweek, maar die geheim is om dit in stand te hou deur die loop van die maand.

“Dit is eintlik goed om produkte aan te skaf wat gaan help om dit in stand te hou. Iets soos snorsalf kan gebruik word om die snor kant toe te kam en daar te hou wanneer dit te lank word en dit in jou mond begin hang.”

Wanneer jy besluit om sommer ook ʼn baard vir die maand te kweek, sal baardolie ’n waardevolle toevoeging tot jou voorkomskas wees. Dié olie is eintlik bedoel om die vel te voed, en het maar min met die baardhare self te doen.

  • Vir meer inligting oor Movember, besoek hierdie webwerf.

Wen!

Stuur vir ons ’n kiekie van jou Movember-snor en staan die kans om ’n baardsny en ’n baardproduk ter waarde van R450 by Kuif en Baard in Pretoria los te slaan.

Vul die kompetisievorm hieronder in, heg jou foto aan en staan die kans om dié bederfprys te wen.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Inskrywings vir die kompetisie sluit op 30 November 2022 om 23:45.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Maroela Media kan nie aanspreeklikheid aanvaar indien jou inskrywing ons weens enige tegniese probleme nie betyds bereik nie.
  • Enigiemand wat vir die kompetisie inskryf, staan die kans om ’n bederfprys by Kuif en Baard te wen.
  • Maroela Media sal die wenners in die week van 30 November 2022 telefonies en per e-pos kontak. As jy nie van Maroela Media hoor nie, kan jy aanvaar dat jy nie een van die wenners was nie.
  • As jy vir hierdie kompetisie inskryf, gee jy toestemming dat jou naam en foto in ʼn foto-artikel op Maroela Media gebruik mag word, selfs al is jy nie een van die wenners nie.
  • Jy mag meer as een foto inskryf, maar jy moet telkens ʼn nuwe vorm invul om ʼn volgende foto vir ons te stuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.