Kompetisie: Wen ’n Lamelle-geskenkpakkie saam met Nadia Beukes

Nadia Beukes (Foto: Mizanne Hattingh/Maroela Media)

Nadia Beukes word in talle Suid-Afrikaanse huishoudings geken as ’n sprankelende en beeldskone aanbieder en aktrise wie se oë nooit ophou glinster en wie se glimlag nooit verdwyn nie.

Dié glanspersoonlikheid het egter ’n struikelblok gevind in iets wat haar keer op keer deur haar lewe gekniehalter het, naamlik haar vel.

“Ek sukkel al jare met grootmens-aknee. Ek stap al ’n lang pad om die skade aan my vel te herstel, en 15 jaar van daardie pad is saam met Lamelle.”

Maroela Media het by Beukes ingeloer om vas te stel hoe sy haar vel versorg en watter lesse sy deur die loop van die jare oor velsorg geleer het.

Die belangrikheid van sonskerm

“Die belangrikste ding wat ek geleer het oor velsorg is: As jy een ding doen, moet dit wees om sonroom aan te smeer.”

Beukes vertel skertsend dat sy haar man en twee seuntjies daagliks aanmoedig om self sonroom aan te smeer.

“Mens onderskat die skade wat die son aan jou vel kan aanrig. Dis ook nie net die son nie, daar is verskeie UVA- en UVB-strale wat jou vel binnedring en skade veroorsaak.”

Hiermee bedoel Beukes dat ’n sonafweerder nie net jou vel teen die son beskerm nie, maar ook teen die lig in jou huis of kantoor en dié wat van jou rekenaar- of selfoonskerm uitstraal.

“Sonskerm vorm ’n beskermingslagie oor jou vel sodat die skadelike lig nie jou vel kan binnedring nie.”

Sy verduidelik verder dat die skade dikwels onder die vel gebeur, en dat dit stelselmatig kop uitsteek in die vorm van pigmentasie, droë vel en veroudering.

“Sonskerm is nie ’n produk vir nou en dan nie. Jy moet dit elke dag aansmeer.”

Moenie die noodsaaklikheid van water onderskat nie

“Ek is nie lief vir water drink nie, ek moet myself dwing om water te drink. Dis ongelooflik belangrik om jou vel gehidreer te hou.”

Sy benadruk dat koffie en tee nie as plaasvervangers van water beskou kan word nie.

“Die kafeïen dehidreer jou. Die vog wat jy inneem, beteken dan nie so baie vir jou vel nie. Decaf koffie en rooibostee is goeie plaasvervangers as jy dit steeds wil drink en as jy steeds jou vel wil hidreer.”

Sy verduidelik dat jy dikwels aan die elastisiteit van jou vel kan voel dat jy dalk ’n glas of twee water nodig het.

“Wanneer jou vel styf begin voel, so amper asof jy voel dat jy room wil aansmeer, moet jy dikwels net water drink.”

Moenie met grimering aan gaan slaap nie

“Dit klink heel eenvoudig, maar as jy eers laat in die aand by die huis kom en moeg is, dan raak dit maklik om te sê dat jy nie vanaand jou gesig behoorlik gaan was nie.”

Beukes benadruk egter dat die eenvoudige keuse om nié jou gesig behoorlik te was nie, tot daadwerklike skade aan jou vel kan lei.

“Terwyl jy slaap, is daar sekere hormone wat vrygestel word; daar is sekere dinge wat met jou vel gebeur waarvan jy nie noodwendig bewus is nie. Om jou vel skoon te hê in daardie tyd is ongelooflik belangrik.”

Kry die regte velsorgreeks

Beukes verduidelik dat dit belangrik is om te belê in ’n goeie velreeks wat vir jou vel werk.

“Ek gebruik Lamelle. Ek het ’n vreeslik problematiese vel. Die toestand daarvan hang af van die seisoen, of ek in daardie stadium erge spanning ervaar. Ek sukkel ook met hiperpigmentasie, veral ná my swangerskappe.

“My vel word raakgesien in die bedryf waarin ek werk. As dit nie in ’n goeie toestand is nie, breek dit my selfvertroue vreeslik af. Ek kan dit toeplak met grimering, maar dit het tog ’n invloed op my selfbeeld.”

Lamelle is dikwels Beukes se toevlug wanneer haar vel weer begin moeilikheid gee.

“Daar is ’n produk vir elke probleem. Ek sê nie dat dit die enigste velsorgreeks is nie, maar dis beslis die reeks vir my.”

Praat met ’n kenner

“Vul die velsorgreeks wat vir jou werk met behandeling aan.”

Beukes benadruk die belangrikheid van ’n kenner wat jou vel van hoek tot kant kan bestudeer om die regte oplossings vir jou unieke velprobleme te kry.

“Die persoon is opgelei om die probleme te kan identifiseer en voorstelle te maak in terme van behandelings en produkte.”

Die pad wat jy met jou terapeut stap, is een wat groot waarde tot jou lewe kan voeg.

“Ons het net een vel, dit moet opgepas word.”

Doen navorsing voordat jy prosedures laat doen

“Ek is op ’n ouderdom waar daar soveel opsies is om jou vel te bewaar. Bygesê, daar is ook baie estetiese opsies om te oorweeg.”

Beukes verduidelik indien jy dit oorweeg om ’n stap verder te gaan deur estetiese prosedures te ondergaan, moet jy behoorlik navorsing doen oor dit wat jy graag gedoen sal wil hê, watter uitwerking dit gaan hê en wie die persoon is wat dit doen.

“Ek glo daar is sekere goed wat gedoen kan word om die beste weergawe van jouself te skep. Ek dink egter dat die Engelse spreekwoord, less is more, hier van toepassing is.”

Wen

’n Gelukkige Maroela Media-leser het die kans om ’n heerlike, unieke Lamelle-bederfpakkie ter waarde van R3 000 te wen.

Foto ter illustrasie. (Foto: verskaf)

Die inhoud van dié pakkie sal bepaal word nadat ’n Lamelle-konsultant met die wenner kontak gemaak het om te gesels oor spesifieke velbehoeftes. Jy het dus die kans om jou vel te bederf met net die produkte wat dit nodig het!

Al wat jy hoef te doen om in aanmerking vir die heerlike prys te kom, is om die onderstaande vorm in te vul en seker te maak dat jy Lamelle op Instagram volg.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die sluitingsdatum is Sondag 12 Junie 2022 om middernag en die wenner sal Maandag 13 Junie aangekondig word.
  • ’n Wenner sal lukraak gekies word.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die trekking sal direk ná die sluitingsdatum plaasvind, waarna Maroela Media per e-pos en telefonies met die wenner in verbinding sal tree.
  • Sodra die wenner gereageer het, sal die persoon se  naam op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Maroela Media en Lamelle kan nie aanspreeklikheid aanvaar as die pakkie beskadig word tydens aflewering nie.
  • Die prys(e) kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Die pakket sluit ’n unieke samestelling van Lamelle-produkte in. Die wenner sal ’n telefoniese gesprek met ’n Lamelle-konsultant moet hê oor die spesifieke produkte wat die pakkie gaan bevat.
  • Slegs diegene wat Lamelle op Instagram volg, sal in aanmerking daarvoor kom om as wenner aangewys te word.
  • Die kompetisie is slegs geldig vir Suid-Afrikaanse burgers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.