Wen kaartjies na die Karavaanskou in Midrand

Argieffoto (Foto: sabinamajoor / Pixabay)

Oor die afgelope 20 jaar, en een keer elke jaar, kom vervaardigers en handelaars van karavane, ontspanningsvoertuie, tente en kampeertoerusting bymekaar as ʼn bedryf sodat entoesiaste die jongste aanbiedings kan ontdek.

ʼn Gemiddeld van 20 nuwe modelle word jaarliks by die skou bekendgestel en in 2023 is meer as 30 nuwe modelle bekendgestel.

Tydens die 2024 Karavaanskou sal ʼn rits nuwe modelle te sien wees, tesame met die langverwagte Sprite-reeks karavane wat gereed staan vir bekendstelling.

Besoek www.CaravanShow.co.za vir al die inligting wat jy benodig, soos rigtingaanwysings, die uitleg van die skou, nuwe produkte wat jy kan verwag en skakels na die uitstallers wat te sien sal wees by die skou.

Die Karavaanskou vind by Gallagher-konvensiesentrum in Midrand plaas.
Vrydag 23 Februarie: 09:00 – 18:00
Saterdag 24 Februarie: 08:00 – 17:00
Sondag 25 Februarie: 08:00 – 16:00

Kaartjies is aanlyn by Webtickets beskikbaar teen R120 per volwassene of R60 per student of pensioenaris. Kinders onder 12 is gratis.

Veilige parkering is beskikbaar teen R25 per voertuig.

Webwerf: www.caravanshow.co.za
E-pos: [email protected]

Wen jou ʼn dubbelkaartjie

Altesaam 25 Maroela-lesers staan die kans om elkeen ʼn dubbelkaartjie te wen. Voltooi die vorm voor 11 Februarie 2024.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die sluitingsdatum vir inskrywings is 11 Februarie 2024 @ 23:45.
  • Die wenners se name sal lukraak uit die inskrywings getrek word.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die wenners sal deur Maroela Media gekontak word. Indien jy nie van ons hoor nie, kan jy aanvaar dat jy nie een van die wenners was nie.
  • Maroela Media kan nie verantwoordelikheid aanvaar indien jou inskrywing ons weens tegniese probleme nie bereik het nie.
  • Die prys kan nie vir kontant verruil word nie.
  • Jou vervoer na en van die venue en enige bykomende uitgawes wat jy mag aangaan tydens jou besoek aan die Karavaanskou is nie by die prys ingesluit nie.
  • Die wenners se toegangskaartjies sal per e-pos en SMS aan hulle gestuur word.
  • Maroela Media en die Caravan Show kan nie aanspreeklikheid aanvaar vir enige verliese wat jy mag ly indien jy van die prys gebruik maak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.