Wen: Musiek uit 80’s, 90s gevier met partytjies in Pretoria, Kaapstad

Barney Simon. (Foto: Facebook)

Maak gereed vir die grootste Retro-partytjie wat Suid-Afrika nog beleef het.

Kort duskant Nuwejaar kan jy op 7 Januarie en 13 Januarie tot laatnag dans op maat van die wêreld se gunstelingtreffers uit die 80’s en 90’s.

Dit is die grootste plaaslike samekoms van internasionale groepe en platejoggies vanuit die mees onvergeetlike musiektydperk wat daar ooit was – almal saam, eers in Kaapstad en dan in Pretoria.

Konsertgangers kan ʼn wêreldgehalte produksie verwag met fantastiese beligting en klank. Technotronic, Snap!, Dr Alban, Haddaway, Twenty 4 Seven, 2 Unlimited, Rozalla en Nádine, een van Suid-Afrika se geliefdste sangeresse, gaan optree.

Verskeie plaaslike 90s-platejoggies soos Barney Simon, Alex Jay, Ian Fraser en Shawny B gaan die Retro-partytjiegangers tot laatnag toe laat feesvier.

Wie onthou die wysie van “I’ve Got the Power” en “Rhythm is a Dancer”, liedjies wat die Euro dansgroep Snap! internasionaal bekend gemaak het. Dink ook aan die Belgiese supersterre, Technotronic’s, se treffers, “Pump up the Jam” en “Get Up”, wat aanhangers oor kontinente heen steeds dekades later die nag in laat dans.

Dr Alban is ook steeds een van die wêreld se geliefdste kunstenaars met sy Euro-hip-hop reggae-dansmusiekstyl. “It’s my Life” en “Sing Hallelujah” is van sy bekendste treffers. Haddaway se “What is Love” sal die vrouens se 90s hangoorbelle laat wieg, terwyl Twenty 4 Seven se “Slave to the Music” en “I can’t Stand it!” die pofbroeke en dun dassies sal laat bewe van lekkerkry.

2 Unlimited beaam die groot aand die beste: “Get Ready for This” and “No Limit” terwyl Rozalla se “Everybody’s Free” die stadion gaan laat vlamvat.

Nádine. (Foto: Facebook)

Nádine gaan hulde bring aan vroulike musieklegendes soos onder andere Tina Turner, Sinéad O’Connor en Whitney Houston. “Wat ʼn heerlike uitdaging. Ek sien uit daarna om verwerkings van hierdie ikone se grootste treffers voor ʼn groot skare retro-aanhangers uit te voer.”

Hou ook asems op vir ons eie platejoggielegendes: Alex Jay en Barney Simon het die land aan die brand gehad in die 80’s en 90’s met hul verskeie radioprogramme en TV verskynings. Ian Fraser en Shawny B maak ook hul verskyning: een groot aand van nimmereindige nostalgiese treffers.

“ʼn Retro-konsert op so ʼn skaal is nog nie voorheen in Suid-Afrika aangebied nie,” sê Simon.

“Uiteindelik is daar ʼn lekker groot partytjie vir die groep mense wat na die onvergeetlike musiek van daardie twee dekades verlang.”

Alex Jay is van toe tot nou een van ons land se gewildste platejoggies. “Die organiseerders van die geleentheid het deeglike navorsing gedoen om ʼn konsert saam te stel wat ʼn baie groot groep retro-musiekliefhebbers verteenwoordig.

“Dit gaan die partytjie van alle old school-partytjies wees. Kom en geniet die aand saam met ons, en voel sommer weer bloedjonk,” sê hy.

Maak seker jy kry jou kaartjies vir een van die grootste somerpartytjies van die Nuwejaar. Die hekke in Kaapstad maak op 7 Januarie om 14:00 oop en die 100% RETRO I THE PARTY skop om 15:00 af en hou aan tot 23:00.

In Pretoria maak die hekke op 13 Januarie om 18:00 oop, en die vertoning begin om 19:00 tot 00:00.

Kaartjies is hier beskikbaar.

Wen

Tien gelukkige lesers kan elkeen ʼn dubbelkaartjie wen na die 100% RETRO I THE PARTY in Pretoria en Kaapstad. Vul die vorm in om in te skryf. Die kompetisie sluit Maandag 1 Januarie om middernag. Wenners sal per e-pos in kennis gestel word.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes:

  • Die kompetisie sluit op Maandag 1 Januarie om middernag.
  • Die wenners sal lukraak gekies word.
  • Deelnemers moet ouer as 18 jaar wees.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die trekking sal direk ná die sluitingsdatum plaasvind, waarna Maroela Media met die wenners in verbinding sal tree.
  • Die prys kan nie vir kontant geruil word nie.
  • Deelnemers moet in Suid-Afrika woon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.