Wen rugbykaartjies vir die wêreldbeker in Japan!

Vier gelukkige lesers kan elk ʼn dubbelkaartjie wen danksy Maroela Media en Virseker om die rugbywedstryd tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland op 21 September 2019 in Japan te sien. Die wedstryd vind plaas by die internasionale stadion in Yokohama, Japan.

Die prys, ter waarde van R80 000 elk, sluit in:

  • Retoerkaartjies na en van Japan
  • Vier nagte verblyf in ʼn sentraal geleë hotel in Tokio
  • Ontbyt daagliks
  • Vervoer in ʼn bus: lughawe/hotel/stadion/hotel/lughawe
  • Twee wedstrydkaartjies vir die “pool B”-wedstryd tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland by die Yokohama-stadion
  • Reisversekering
  • Logistieke ondersteuning deur ʼn SA Rugby-verteenwoordiger
  • Datums: Vertrek 18 September 2019 vanaf OR Tambo in Johannesburg; vertrek 23 September 2019 vanaf Tokio terug na Johannesburg

Inskrywings vir die kompetisie sluit op 17 Augustus 2019.
Vier dubbel reispakkette kan gewen word.

Klik hier om in te skryf. 

  • Virseker is ’n produk van Auto & General Versekeringsmaatskappy Bpk, ’n gemagtigde versekeraar en finansiëlediensteverskaffer (FDV-lisensienommer: 16354). Enige verwysing na “ons”, “met” en “deur” verwys na Auto & General.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Markus ·

Wie stel nog in rugby belang n vakansie Kruger Wildtuin sal eerder verkies word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.