Wen: Tyd om vere reg te skud vir Comic Con Africa

Comic Con Africa 2019. (argieffoto)

Strokiesprent-, videospeletjie- en wetenskapsfiksie-entoesiaste berei hulle weer ywerig voor vir Comic Con Africa, ’n reuse-ekspo wat vandeesmaand in Johannesburg plaasvind.

Plaaslike versamelaars en videospeletjie-entoesiaste sal van 22 tot 25 September die vreugde van hul stokperdjie by die Johannesburg-ekspo-sentrum kan deel.

Maroela Media het by Francois Botha, ’n kranige videospeletjie-aanhanger en -vermaakkunstenaar, aangeklop om meer te wete te kom oor dié virtuele wêreld.

Onder die naam RustyPieLover het Botha al byna 4 000 volgelinge op die regstreekse stromingsplatform Twitch bymekaargemaak.

“Ek het nog altyd ’n liefde vir videospeletjies gehad. Jare nadat ek begin speel het, het groot YouTube-sterre my geïnspireer om ook videospeletjie-inhoud te begin skep.”

Daar is selfs mense wat videospeletjies in hul hoofinkomste omskep het, hoewel Botha benadruk dat dit vreeslik uitdagend is om tot op dié vlak te vorder en dat dit maklik onvolhoubaar kan word.

“Jy moet verseker dat jy die regte vaardighede het, tyd insit en baie oefen.”

Dié moeite sal later vrug afwerp wanneer jy ’n span met mede-entoesiaste vorm en aan kompetisies begin deelneem.

Die stokperdjie kweek boonop talle lewensvaardighede, waaronder kommunikasievaardighede.

Die kompetisies word plaaslik en internasionaal aangebied en daar is verskeie kategorieë. Of jy nou die nommer-een-speler in die wêreld is, en of jy verlede week eers die speletjie afgelaai het, jy sal aan kompetisies kan deelneem.

“Die hoofdoelwit is om pret te hê. E-sport in Suid-Afrika kan nog baie groei, maar eendag gaan ons die wêreld met ’n storm aanpak!” 6e. hê.

Die platform vir videospeletjie-aanhangers en -entoesiaste, vertel Botha, het geweldig tydens die grendeltydperk gegroei. Toe mense noodgedwonge agter geslote deure moes bly, het videospeletjies ontvlugting gebied.

“Tien jaar gelede was daar skaars 10 videospeletjie-vermaakkunstenaars in Suid-Afrika, nou gaan dit van krag tot krag! Dit maak my trots!”

Hoewel hy vreeslik baie vriende deur videospeletjies gemaak en as mens gegroei het, moet mens dié stokperdjie met handskoene van balans aanpak, benadruk Botha.

“Dit kan soms uitputtend wees. Jy moet tyd vir jouself neem, elke nou en dan ’n blaaskans vat en net weer jou energie op die regte plek kry.”

Wen!

’n Gelukkige Maroela Media-leser staan die kans om ’n stel van twee naweekkaartjies na Comic Con Africa te wen.

Al wat jy moet doen, is om jou besonderhede in die kompetisievorm onderaan hierdie artikel in te vul.

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Maandag 13 September om 23:45.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die kompetisie sluit op Maandag 13 September om 23:45.
  • ’n Wenner sal lukraak gekies word.
  • Deelnemers moet ouer as 18 jaar wees.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die trekking sal direk ná die sluitingsdatum plaasvind waarna Maroela Media per e-pos en/of telefonies met die wenner in verbinding sal tree.
  • Sodra die wenner gereageer het, sal die persoon se naam op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Die prys(e) kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Die wenner is self vir reis- en verblyfreëlings verantwoordelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.