Soorte resepte:

Annelien se kombuis: Gerookte paprika-pekans

Gerookte paprika-pekans (Foto: Annelien Pienaar)

Soms is sout pekanneute met ’n paar ekstra speserye by die perfekte peuselhappie in die kosblik of tydens ’n geselligheid. Ek deel ook ’n paar wenke vir die bêre van pekanneute.

Pekanneute hou beter as dit ongedop in die vrieskas gehou word – ’n bergleeftyd van drie jaar! Wanneer jy wel neute koop wat reeds uitgedop is, bêre dit in lugdigte houers in die vrieskas en verkieslik vakuum verseël. Hierdie produk kan tussen 12 en 24 maande in die vrieskas gehou word, gegewe die temperatuur wat konstant bly.

Annelien Pienaar is ʼn voedselwetenskaplike en die skrywer van die bekende resepteboek en blog Boerekos met ʼn twist.

Gerookte paprika-pekans

Lewer 500 g (50 g per posie)

Bestanddele

  • 500 g (5 k) halwe pekanneute, teen kamertemperatuur
  • 1 eierwit met 1 e water geklits
  • 3 t gerookte paprika (Cape Herb & Spice)
  • 2 t sout
  • 2 t koljander, gerooster en dan grof gemaal
  • ¼ t neutmuskaat
  • Vir variasie: ¼ t knoffelsout kan bygevoeg word

Metode

  1. Voorverhit oond tot 180 ℃ en berei ’n bakplaat met ’n silikoon bakkersvel
  2. Plaas die pekanneute en eiermengsel in ’n diep bak. Skud die bak en meng die neute goed sodat dit bedek word met die eier. (Die eier is die kleefmiddel wat die bestanddele om die neut laat vasklou.)
  3. Sif die res van die bestanddele saam en sprinkel liggies oor die bedekte neute. Skud die bak en meng die neute totdat dit egalig met die soutmengsel bedek is.
  4. Skep op bakplaat uit en sprei oop. Bak dan vir 12-15 minute. Keer dadelik uit sodat die bakproses stop en laat goed afkoel.
  5. Bêre in lugdigte houers in die yskas vir twee maande.

Besoek Annelien Pienaar se webtuiste en Facebook-blad. Vul jou besonderhede hier in om die resep in PDF-formaat te ontvang.

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.