Soorte resepte:

Jan Hendrik deel ’n paar braaibroodjie-resepte

Jan Hendrik van der Westhuizen. Foto: Verskaf.

Suid-Afrika se eie Michelin-sjef, Jan Hendrik van der Westhuizen, het vroeër met Maroela Media nie net oor sy kreatiewe disse gesels nie, maar hy het sommer terselfdertyd van sy rugbyherinneringe gedeel.

En wat is lekkerder as om te braai terwyl jy oor sport gesels?

Hier deel hy ’n paar eenvoudige, maar lekker braaibroodjie-resepte. Dit sal beslis ook ’n treffer by sy restaurant in Nice wees!

  • Biltong-en-cheddarkaas-braaibroodjie:

Biltong-braaibroodjie. Foto: Verskaf.

(Voorbereiding: 15 minute. Resep is genoeg vir drie broodjies.)

Plaas ses snye witbrood op werkblad. Smeer elke sny met botter. Plaas dun snytjies wit cheddarkaas op al ses snye. Plaas gekerfde klam biltong op drie van die snye brood. Smeer ’n dun lagie heelkorrelmosterd op die ander drie snye, maak toebroodjies en braai oor mediumwarm kole totdat die kaas gesmelt het.

  • Caprese braaibroodjie:

(Voorbereiding: 15 minute. Resep is genoeg vir drie broodjies.)

Plaas ses snye witbrood op werkblad. Smeer elke sny met botter. Plaas twee snye mozzarellakaas op al ses snye. Plaas drie skyfies tamatie op drie van die snye, en geur met sout en peper. Smeer ’n dun lagie basiliepesto op al die snye brood en plaas vars basilieblare op die drie snye sonder tamatie. Maak toebroodjies en braai oor mediumwarm kole totdat die kaas gesmelt het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ruan ·

Klink leka maar ek is baie vol strooi as dit by braai broodjies kom. Gewone tamatie en uie met sout en peper is my keuse. Geen kaas of enige snaakse tierlangtuing’tjies nie. My vrou en ouers sê ek is net vol stooi (kan nie die ander woord sê nie).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.