Soorte resepte:

Resep: Gemarineerde groentesosaties

Gemarineerde groentesosaties (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Maklike, gesonde bykos vir jou braai.

Lewer 8 porsies

Bestanddele

MARINADE

  • 45 ml olyfolie
  • 5 ml brandrissiepoeier
  • 2 ml paprika
  • 1 ml fyn komyn
  • 45 ml suurlemoensap
  • 30 ml water
  • 30 ml gekapte vars koljanderblare
  • 30 ml tamatiepasta
  • 7 ml heuning
  • 2 knoffelhuisies, fyn gekap
  • sout na smaak

SOSATIES

  • 2 rooi soetrissies, in 3 cm-blokkies gesny
  • 2 groen soetrissies, in 3 cm-blokkies gesny
  • 2 geel soetrissies, in 3 cm-blokkies gesny
  • 4 rooi uie, in wiggies gesny
  • 4-6 vlapampoentjies, in kwarte gesny
  • 4-6 murgpampoentjies, in 3 cm-lengtes gesny
  • 1 middelslag eiervrug, in 3 cm-blokkies gesny
  • 16 sosatiestokkies, vir 1 uur in water geweek

Metode

MARINADE

  1. Meng al die bestanddele saam in ʼn mengbak tot goed gemeng en glad.

SOSATIES

  1. Ryg die verskillende groente om die beurt op die sosatiestokkie sodat dit kleurvol vertoon.
  2. Verf die marinade liggies oor elke sosatie.
  3. Braai die sosaties vir 5-10 minute per kant oor matige kole tot verbruin of liggies geskroei en sag. Bedien saam met die oorblywende marinade as doopsous.

Bron: Lekker & Vinnig: Sosaties

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SwartBees ·

In ons huis eet ons vleis drie keer n dag. As ons lus is vir groente dan eet ons hoender.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.