Soorte resepte:

Resep: Geroosterde mielies

Geroosterde mielies (Foto: Lapa-uitgewers)

Want hierdie vakansie gaan jy beslis die een of ander tyd mielies wil braai!

Lewer 6-7 porsies

Bestanddele

  • 6-7 heel mielies

SOUS

  • 1 t woestyn- of pienk sout
  • ½ t growwe swartpeper
  • 1 e olyfolie
  • 1 e rou heuning
  • 2 t gedroogde pietersielie
  • ¼ t rissievlokkies
  • 1 e amandelmeel (opgehoop)

GARNERING

  • vars gekapte pietersielie

Metode

  1. Berei die kole en rooster voor.
  2. Meng die bestanddele vir die sous (behalwe die meel).
  3. Plaas die mielies op ’n rooster oor die kole. Sprinkel meel oor die mielies en verf dit met sous. Draai dit elke 5 minute en verf weer sous oor. (Die meel help dat die sous aan die mielies kleef.)
  4. Braai tot gaar en die sous ’n bros lagie vorm.
  5. Garneer met vars gekapte pietersielie voor opdiening.

Bron: Karlien kan nie kook nie deur Izelle Hoffman en Karlien van Jaarsveld

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Zettie ·

Iets wat ook heerlik is – braai mielies tot gaar en smeer met mengsel van margarien (of botter) en bovril (of marmite) – o genade dis lekker!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.