Soorte resepte:

Resep: Gesonde pannekoeke

Gesonde pannekoeke (Foto: Lapa-uitgewers)

Bedien hierdie pannekoeke met amandelbotter, bessies, piesangskyfies, amandelvlokkies en kaneel.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 280 ml eierwit (9-10 eierwitte)
  • 1 opgehoopte e fyn vlassaad (flaxseed)
  • 1 opgehoopte e amandelmeel
  • 1 t karamelgeursel
  • ¼ t sout

Metode

  1. Spuit ʼn pan met kossproei.
  2. Klits al die bestanddele tot ʼn gladde beslag vorm.
  3. Skep ʼn kwart van die beslag in die pan en bak op ʼn warm plaat. Herhaal nog drie maal. Vanweë die vlassaad sal die beslag verdik. Klits dit dus elke keer voor jy ʼn pannekoek maak.
  4. Sit voor met amandelbotter, bessies, piesangskyfies, amandelvlokkies en kaneel, indien verkies.

Bron: Karlien kan nie kook nie deur Karlien van Jaarsveld en Izelle Hoffman

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.