Soorte resepte:

Resep: Gevulde groentebondeltjies

Gevulde groentebondeltjies (Foto: Lapa Uitgewers)

Hierdie is dalk net die groenteresep waarvoor jou kleinding nie sy of haar neus optrek nie.

Bestanddele

Vulsel

  • klont botter
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 selderystingel, fyngekap
  • 250 g (1 pakkie) sampioene, in skyfies gesny
  • 4 murgpampoentjies, grofgerasper
  • 1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
  • 50 g (½ pakkie) kasjoeneute, grofgekap
  • 4 grasuie, gekap
  • 2 skywe fetakaas, gekrummel
  • varsgemaalde swartpeper
  • 15 ml (1 e) sojasous
  • 2,5 ml (½ t) bruinsuiker

Kors

  • 250 g (½ pak) fillodeeg
  • 125 g (¼ blok) botter, gesmelt
  • tou om mee vas te bind

Metode

Stel oond op 180 °C.

Vulsel

  1. Smelt botter en soteer ui en seldery daarin tot sag.
  2. Voeg sampioene by en soteer tot sag. Gooi enige oortollige vloeistof af.
  3. Voeg murgpampoentjies en soetrissie by en soteer nog 5 minute.
  4. Voeg oorblywende bestanddele by en roer goed. Verwyder van hitte.

Kors

  1. Vou fillodeeg oop. Sny fillodeeg deur al die lae in vier dele.
  2. Bedek fillodeeg met skoon, klam vadoek.
  3. Verf gesmelte botter met kwassie oor een fillodeegblok. Plaas volgende fillodeegblok dwars bo-op. Smeer weer met botter. Draai om en verf ander kant ook met botter.
  4. Skep teelepelsvol van vulsel in middel van filloblokke. Vou punte bymekaar.
  5. Bind boonste gedeelte met toutjie vas. Plaas op gesmeerde bakplaat.
  6. Doen dieselfde met oorblywende bestanddele.
  7. Bak vir 20 minute of tot punte van fillodeeg goudbruin is.

Bron: Vinnig en Maklik
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.