Soorte resepte:

Resep: Groentegebak

Groentegebak (Foto: The Harvest Table)

Saam met ʼn bietjie koeskoes, fetakaas en pampoensaad is hierdie ’n heerlike middagete die volgende dag.

Bestanddele

  • 4 k groente van jou keuse, eweredig gesny
  • 30 ml olyfolie
  • 1 e gemengde kruie
  • 1 e sout
  • 2 e Harverst Table Bone Broth (opsioneel)
  • 2 t Harvest Table- sampioenpoeier (opsioneel)

Metode

  1. Meng die groente, olyfolie, kruie en sout in saam in ʼn groot bak tot die groente eweredig bedek is.
  2. Opsioneel: Sprinkel Harvest Table Bone Broth en sampioenpoeier oor die groente en meng weer goed deur.
  3. Bedek die bodem van ʼn oondbak met bakpapier en gooi die groente daarop uit. Maak seker jy het een eweredige laag groente om te verseker dat dit eweredig gaar word.
  4. Bak vir 40 minute teen 180 °C. Gaarmaaktyd sal afhang van die grootte waarin die groente gesny is. Toets groente met ʼn vurk om seker te maak dit is gaar. Die groente moet lekker gekaramelliseer en ligbruin om die kante raak.

Bron: www.theharvesttable.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.