Soorte resepte:

Resep: Koolslaai met slaaisous

Koolslaai met slaaisous (Foto: Cooking form the heart)

Hierdie lekker variasie op ʼn koolslaai is heerlik saam met braaivleis.

Bestanddele

SLAAISOUS

  • ¼ k (60 ml) olyf-of kanolaolie
  • 3 e rooi asyn of appelasyn
  • 2 e sojasous
  • 4 t gerasperde vars gemmer
  • 1 klein rooibrandrissie, gekap (opsioneel)
  • 3 e gekapte vars koljander of pietersielie
  • ¼ k gekapte ongesoute grondboontjies, lemoensap en swartpeper na smaak

SLAAI

  • 500 ml (2 k) gekerfde rooi- en witkool
  • 1 groot spinasieblaar, opgekerf
  • 2 groot wortels, geskil en gerasper
  • ¼ komkommer, in dun kwarte gesny
  • 1 middelslag pynappel, in dun kwarte gesny
  • 1 selderystok met blare aan, dun gesny
  • ½ rooi- of groensoetrissie, ontpit en in dun repies gesny

Metode

  1. Meng al die slaaisous-bestanddele in ʼn mengbak saam.
  2. Meng al die slaai-bestanddele in ʼn groot mengbak. Giet die slaaisous daaroor en meng goed. Laat die slaai staan vir 10-15 minute voor opdiening. Dit laat die slaai toe om te marineer.
  3. Bedien as bygereg by ʼn braai.

 

Bron: Pharma Dynamics se Cooking from the heart deur Heleen Meyer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.