Soorte resepte:

Resep: Raita-doopsous

Raita-doopsous (Foto: Lapa-uitgewers)

Raita word algemeen gebruik in Indiese disse. Bedien dit as ʼn doopsous vir pitabrood en naanbrood, of bedien dit saam met kerrie of groentedisse.

Lewer sowat 500 ml.

Bestanddele

  • 250 ml grof gerasperde komkommer
  • 250 ml Griekse jogurt
  • 15 ml gekapte grasuie
  • 15 ml gekapte kruisement of addisionele grasui
  • 1 klein rooi of groen soetrissie, pitte verwyder en gekap (opsioneel)
  • 2 ml mosterdpoeier of aangemaakte korrelrige mosterd
  • 1 ml sout
  • knippie witpeper
  • knippie gemaalde komynsaad (opsioneel)
  • 2 ml suiker
  • 15 ml skerp vrugteblatjang of rissiesous

Metode

  1. Meng al die bestanddele saam kort voordat dit benodig word of meng vooraf en verkoel vir ʼn dag.

Bron: Lekker & vinnig: Doopsouse

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.