Soorte resepte:

Resep: Soetpatatwiggies met tamatiedoopsous

Soetpatatwiggies met tamatiedoopsous (Foto: Lapa)

Dié heerlike gereg is perfek vir die jongspan.

Lewer 5-6 porsies

Bestanddele

Soetpatatwiggies

  • 1 kg heel soetpatats, gewas en in wiggies gekap
  • 2 e olyfolie
  • 1/2 t woestyn- of pienk sout
  • 1/4 t growwe swartpeper
  • 1 t gedroogde roosmaryn

Tamatiedoopsous

  • 1 groot rooi-ui, gekap
  • 1 e olyfolie
  • 300 g rosatamaties, gehalveer
  • 1/4 k kookwater
  • 3 e rou heuning
  • 2 e balsemieke asyn
  • 2 e paprika
  • 2 t woestyn- of pienk sout
  • 1/4 t growwe swartpeper
  • 1 e sesamsaad
  • 2 t gedroogde pietersielie

Garnering

  • dennepitte
  • vars roosmaryn

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C.
  2. Spuit ‘n oondpan met kossproei.
  3. Plaas die soetpatatwiggies in die oondpan, bedruip met olyfolie en besprinkel met sout, swartpeper en roosmaryn.
  4. Bak in die oond vir 40-45 min. of tot die wiggies goudbruin en bros is. Haal uit en laat effens afkoel.
  5. Braai intussen die ui in die olyfolie tot goudbruin, voeg die tamaties en water by, en laat prut tot sag.
  6. Sodra die meeste vog weggekook het, voeg die heuning, asyn, paprika, sout, peper, sesamsaad en pietersielie by. Laat weer prut tot die meeste vog weggekook is en die sous aan die kante van die pan begin vaskleef.
  7. Laat effens afkoel, skep in ‘n opdienbak en garneer met dennepitte en roosmaryn.

 

Bron: Karlien kan nie kook nie

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.