Soorte resepte:

Resep: Stokbrood

Stokbrood (Foto: Lapa-uitgewers)

Vergeet van winkelbrood en bederf jou gaste met dié broodjies oor die kole!

  • 25 g (1 koekie) suurdeeg, verkrummel
  • 250 ml louwarm water
  • 10 ml suiker
  • 6 x 250 ml koekmeel, ongesif afgemeet
  • 175 ml melk
  • 50 ml botter of margarien
  • 5 ml sout

Metode

  1. Meng die suurdeeg, water en suiker.
  2. Roer 250 ml van die meel by en laat op ’n warm plek rys tot dubbel die volume.
  3. Sif die orige meel en voeg by. Voeg ander bestanddele by en knie goed. Bedek en laat weer op ’n warm plek rys tot dubbel die volume.
  4. Knie deeg liggies af en verdeel in 8-10 stukke. Fatsoeneer elke stuk tot ’n rol van 200-250 mm in deursnee en draai spiraalvormig om groen stokke van sowat 50 cm lank.
  5. Bak brood 30-45 minute lank oor koel kole.
  6. Verwyder stokke en vul holtes met botter en konfyt of heuning.

Bron: Braaitreffers deur Hannetjie Joubert

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

RS ·

As n mens nie koekie suurdeeg kan kry nie, kan n mens dit dalk vervang met iets anders?

lollapot ·

Ek is doodseker jy kan dan die pakkie suurdeeg koop en gebruik. . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.