Soorte resepte:

Resep-video: Aartappelslaai met ʼn kinkel

Aartappelslaai met ʼn kinkel (Foto: Zandeleen Thygesen/Maroela Media)

Hierdie resep blaas nuwe lewe in ʼn tradisionele en geliefde dis.

Bedien 8-10 mense

Bestanddele

  • 8 groot aartappels, in blokke gesny
  • 3 sprietuie, fyn gesny
  • 250 g spek, opgesny en gebraai
  • 12 e suiker
  • sout, peper en asyn na smaak
  • olie om ander bestanddele in te braai
  • 10 g grasuie, fyngekap (of na smaak)
  • 250 ml suurroom
  • 250 ml ongegeurde jogurt of room, geklits

Metode

  1. Kook aartappels tot al dente (sag).
  2. Voeg die gekookte aartappels, sout, peper, asyn en suiker in ʼn pan en meng alles goed saam tot dit met die suiker bedek is. Voeg nog suiker by soos nodig.
  3. Braai tot effens goudbruin.
  4. Meng die suurroom en jogurt of room saam.
  5. Skep lae in jou koekstruifbak. Begin met die aartappels, volg dan met ʼn bietjie van die suurroommengsel en spek, en sprinkel spriet- en grasuie bo-oor.
  6. Volg met nog ʼn laag en hou aan totdat die aartappels opgebruik is. Eindig met die suurroommengsel en spek om oor te strooi.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

Maroela Media spog nou met ons eie resepteboek, Huis-huis. Koop dit hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.