Soorte resepte:

Resep-video: Paasfeespoeding

Paasfeespoeding. (Foto: Mizanne Hattingh/Maroela Media)

Paasfees kan nie gevier word sonder ʼn paasbolletjie of twee nie. Bederf jou gesin met dié heerlike Paasfeespoeding.

Bestanddele

  • 6-8 paasbolletjies
  • 200 g melksjokolade
  • 300 ml melk
  • 1 x 250 ml-botteltjie room
  • 2 eiers
  • 1 t vanieljegeursel
  • 100 g sjokolade (vir vlamengsel)
  • Ekstra room vir bediening

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Halveer die paasbolletjies en plaas 3-4 blokkies sjokolade in elkeen. Jy kan eers botter op die paasbolletjies smeer sou jy wou. Plaas dit in ʼn oondbak.
  3. In ʼn ander bak, voeg die melk, room, eiers en vanieljegeursel saam en klits goed.
  4. Giet die mengsel oor die paasbolletjies in jou oondbak.
  5. Versprei die oorblywende sjokolade in die vlamengsel en rondom die paasbolletjies.
  6. Bak vir sowat 40 minute of totdat die vla gaar is en sjokolade gesmelt is.
  7. Geniet met ʼn bietjie room.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.