Soorte resepte:

Resep-video: Botterskorsie-en-fetagebak

Botterskorsie-en-fetagebak. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Dít is ʼn heerlike bykos wat saam met braaivleis, slaai of ʼn hoenderdis bedien kan word.

Jy kan die botterskorsie ook met aartappels, wortels of soetpatats vervang.

Bestanddele

  • 1 botterskorsie, in blokkies gesny en byna gaar
  • 2 wiele fetakaas, in blokkies gesny
  • 1 sprietui, gekap
  • 2 groot eiers
  • 1 k suurroom
  • sout en peper, na smaak

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit ʼn oondbak met kleefwerende kossproei.
  2. Gooi die botterskorsie in die voorbereide oondbak.
  3. Gooi ʼn bietjie van die fetakaas en sprietuie by en meng dit.
  4. Klits die eier, suurroom, sout en peper saam en gooi dit bo-oor die botterskorsie.
  5. Sprinkel die res van die fetakaas en sprietuie bo-oor.
  6. Bak dit in die oond vir 30-40 minute tot goudbruin.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Esté Meyer Jansen ·

Dagsê Sandra

Baie dankie vir jou navraag.
Jy kan dit beslis oorweeg om room te gebruik as plaasvervanger vir die suurroom in hierdie resep, maar Griekse joghurt is waarskynlik ʼn beter opsie omdat die room jou gebak loperig kan maak. Toets dit gerus uit, maar Maroela Media kan ongelukkig nie aanspreekliheid aanvaar as die resep sou flop nie. Laat weet ons gerus as jy dit wel getoets het en wat die eindresultaat was.

Groetnis
Esté Meyer Jansen namens Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.