Soorte resepte:

Resep-video: Oondgebakte soetpatats

Oondgebakte soetpatats. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Daar is min dinge wat ‘n mens so baie na die huis laat verlang soos warm soetpatats saam met  ʼn tuisgemaakte maaltyd.

Bestanddele

  • 1 kg patats, met die skil aan, in skywe gesny
  • 60 ml botter, gesmelt
  • 60 ml suiker
  • 1 t fyn kaneel
  • sout na smaak
  • 60 ml water

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C en spuit ʼn oondbak met kleefwerende kossproei.
  2. Meng die suiker, botter, kaneel en sout goed.
  3. Gooi die skywe patats oor die bodem van die oondbak, gooi die suiker en botter mengsel bo-oor en meng alles goed sodat al die patatskywe goed bedek is met die mengsel.
  4. Gooi die water oor en bedek met foelie. Bak dit in die warm oond vir sowat 45 minute.
  5. Haal die foelie af en bak dit verder vir sowat 30 minute, of tot sag.
  6. Bedien warm as bykos.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Faraway ·

Die video is net groen…geen beeld….is dit net by my of is daar n probleem?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.