Soorte resepte:

Domino’s Pizza sluit sy deure in SA

(Foto: Unsplash)

Taste Holdings, die maatskappy wat restaurante soos Domino’s en Starbucks besit, het aangekondig dat die groep Domino’s Pizza in Suid-Afrika vrywillig gaan likwideer.

Dié aankondiging volg nadat Taste Holdings gesukkel het om ʼn koper vir Domino’s Pizza se franchise-lisensie te kry.

Taste Holdings het in November verlede jaar aangekondig dat die groep die restaurantbedryf groet en het reeds 13 Starbucks-koffiewinkels, asook die franchise-lisensie vir Maxi’s en The Fish & Chips Co. verkoop.

Die groep het ook ʼn ooreenkoms om die Starbucks-franchise-lisensie vir Suid-Afrika vir R7 miljoen te verkoop.

Die likwidering van Domino’s Pizza beteken dat die sowat 770 werknemers by 55 Domino’s Pizza-winkels landwyd nou werkloos sal wees.

“Privaat franchise-houers, wat 16 behels, sal steeds aanhou handeldryf, met die bestuur wat bystand en leiding gee waar moontlik,” het Taste Holdings in ʼn verklaring gesê.

“Ons het nog geen inligtingstukke tot dusver gekry oor die kansellering van franchise-lisensies nie,” het hulle gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Phillip ·

Ek is nie so gepla oor Domino’s nie, buiten die werkers wat nou ander werk moet soek, hulle pizza was regtig nie lekker nie. Starbucks is egter ‘n ander kwessie – hoop hulle kry ‘n koper.

Alexz ·

Ek gaan Dominoes glad nie mis nie. Die tak naby ons het werklikwaar nuwe betekenis aan ‘sloerdiens’ ,’arrogansie’ en absolute wanorde verleen. Jammer vir Starbucks, daardie kêrels wèèt hoe om ñ lekker koffie te bou!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.