Soorte resepte:

7 redes om rooibos by jou skoonheidsroetine in te sluit

(Foto: Verskaf)

Oor die laaste dekade is daar ʼn beweging in die skoonheidswêreld om terug te gaan na meer natuurlik en omgewingsvriendelike produkte vir velsorg.

Die Suid-Afrikaanse Rooibosraad bied hierdie sewe redes om rooibos by jou velsorgroetine in te sluit:

1. Die hoë konsentrasie polifenoliese verbindings in rooibostee is wat dit so bekend maak in die skoonheid- en gesondheidswêreld. Polifenole is ʼn antioksidant wat die liggaam teen skadelik inflammasie beskerm. Deur rooibostee daagliks te drink help dit om jou vel gesond en gehidreer te hou.

2. Rooibostee het ʼn hoë vlak van die ensiem superoksied-dismutasie, wat ʼn doeltreffende teenverouderingmiddel is. Daarom kan rooibos help om plooie te verminder en verhoog dit die produksie van gesonde selle.

3. Die hoë flavonoïedvlakke in rooibos help ook om velafwykings soos ekseem te verbeter – die natuurlike anti-inflammatoriese eienskappe help om ʼn ontsteekte vel te kalmeer en verligting te bied.

(Foto: Verskaf)

Nat rooibosteesakkies kan ’n paar minute direk op die aangetaste vel aangewend word, en dit kan ʼn genesende uitwerking op die vel hê as jy gereeld daarin bad of ontsteekte dele met die tee afspoel. Jy kan ook koue rooibos in ’n spuitbottel giet en dit gedurende die dag aanspuit wanneer jy ongemak ervaar.

4. Inflammasie is ’n groot oorsaak van aknee en wanneer jou vel beskadig word, is dit meer kwesbaar vir bakterieë wat aknee kan vererger. Benewens die tee se anti-inflammatoriese uitwerking, bevat dit ook antibakteriële eienskappe wat sal help om aknee te beveg. Drink dit gereeld en gebruik dit as ’n gesigspoelmiddel in plaas van water.

5. Die anti-oksidant in rooibostee versterk haarfollikels en bevorder blink en sagte hare. Spoel jou hare minstens een keer per week af met ’n sterk, afgekoelde rooibostee vir gloeiende lokke. Dit is ook goed vir die behandeling van ’n droë, jeukerige of geïrriteerde kopvel. 6.      Moeë en sensitiewe oë kan ook met louwarm rooibos behandel word. Plaas teesakkies op ooglede of spoel die oë saggies uit met die tee. 7.      Rooibos is ook hipo-allergenies en is dus ideaal vir mense met ’n sensitiewe vel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Phillip ·

Dis hoekom ek so lief is vir my rooibos tee het vel probleem sal daar in bad en kyk wat is die resiltaat

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.