Soorte resepte:

Geluk aan dié lesers wat Wat wil jy drink?-wyn wen

Die Wat wil jy drink?-wynreeks deur Hannes en Jeanri van Zyl. (Foto’s: Verskaf)

Drie Maroela Media-lesers het elkeen ʼn versameling van Wat wil jy drink?-wyn gewen.

Baie geluk aan Arnold Pretorius, Chris Myburgh en Aretha Dippenaar wat binnekort ʼn glasie Afrikaanse wyn gaan skink.

Die Wat wil jy drink?-wynreeks bestaan uit drie wyne: Ek weet nie (chenin blanc), Iets lekkers (perlé rosé) en Dit wat oop is (pinotage/cabernet sauvignon).

“My man, Hannes, vra gereeld vir my wat ek wil drink, en dan sê ek gewoonlik iets soos ‘ek weet nie’ of ‘dit wat oop is’. In Desember 2020 het hy ʼn bietjie moeg vir my besluitelose antwoorde geraak en besluit om presies te maak wat ek soek,” het Jeanri van Zyl vroeër aan Maroela Media vertel oor die wynreeks, Wat wil jy drink?, wat sy en haar man Hannes begin het.

Hou Maroela Media dop vir nog opwindende kompetisies en skryf in!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.