Die metroraad skuld Eskom R1,7 miljard en kan ingevolge ʼn bepaling van die tesourie aansoek om verligting hiervoor doen.
Lees meerAlles vir Vrydag 29 September 2023
VL wil beleid oor private vervaardig van entstowwe pak
Intussen droog die voorraad eiers op winkelrakke in sommige gebiede nou heeltemal op en daar is al hoe meer waarskuwings dat die prys van hoendervleis die hoogte kan inskiet.
Franse sal Dupont nie in blik druk oor terugkeer
“Die baas gaan nie teen Italië teenwoordig wees nie, maar wat ook al gebeur, die luitenante sal daar wees.”
Hernude aanslag op Tshwane se infrastruktuur
Twee van die stad se elektrisiëns is by ʼn vulstasie aangeval, verskeie busse is met klippe bestook en ʼn watertenkwa is aan die brand gesteek in nog ʼn vlaag aanvalle in die hoofstad.
Reën pootjie Proteas se oefenwedstryd
Swaar reën het die wedstryd in die wiele gery en albei kante het nou slegs een verdere oefenwedstryd om hul planne in te oefen voor die toernooi volgende week begin.
US-professor is nuwe voorsitter van SAAWK-raad
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) het Donderdag sy nuwe Akademieraad vir die termyn van 2023 tot 2026 aangekondig.
Geluk aan dié lesers wat Wat wil jy drink?-wyn wen
Drie Maroela Media-lesers het elkeen ʼn versameling van Wat wil jy drink?-wyn gewen.
ToekomsVenster: Vier die vrede
Jesus sê: My vrede gee ek vir julle. Nie die kortstondige en vals vrede van die wêreld nie. Hierdie is die Shalom Jahwe, omvattend, insluitend en genesend.
Saterdag, Sondag (bedags) beurtkragvry
Eskom sê voortgesette verbeterde opwekkingskapasiteit en ʼn laer verwagte vraag na krag oor die naweek beteken beurtkrag kan met tye heeltemal opgeskort word.
Sonkrag op Kaapse dakke bereik rekordhoëvlakke
Die Kaapstadse metroraad sê hy is vasbeslote om dit meer lewensvatbaar vir huishoudings te maak om na sonkrag oor te skakel en mik na ʼn toekoms waar inwoners as deel van ʼn geïntegreerde stelsel krag gebruik én dit opwek.
Poskantoor se aansienlike ‘laste verdwerg bates’
Die heropening van sleuteltakke van die Poskantoor is hoog op die sakereddingspraktisyns se sakelys. Die Newcastle-tak is onder meer reeds heropen nadat die agterstallige kragrekening vereffen is.
Koninklike kritici kap Kate oor kuifhaarstyl
Aanhangers van Meghan Markle het ook teen Catherine uitgevaar en haar daarvan beskuldig dat sy nie net koninklike protokol met dié haarstyl verbreek het nie, maar ook die Amerikaanse hertogin se “morsige bolla” gekopieer het.
Minister moet ingryp met voëlgriep – DA
“Die departement se stadige reaksie is kommerwekkend. Voedselsekerheid word bedreig en die prys van hoendervleis is deur die dak, wat gevolglik kwesbare gesinne raak. Namibië het selfs hoenderinvoer uit Suid-Afrika weens die uitbreking opgeskort.”
Nog skerp stygings by brandstofpomp wink
Die 95-oktaan-petrol in Gauteng sal gevolglik meer as R25 per liter kos en meer as R24 per liter aan die kus. Dit sal die hoogste sedert Augustus verlede jaar wees.
Pollard oor Sondag: ‘Ek gaan realisties wees’
Handré Pollard gaan allermins perfeksie verwag wanneer hy Sondag vir die eerste keer in 13 maande weer die Springboktrui oor sy kop trek vir die wedstryd teen Tonga in Marseille.
Tazz-vrou vertel: ‘Die Here het Sy voet op myne gesit…’
“Dit is al hoe ek dit kan verduidelik. Ek onthou net hoe bang ek was, ek kan nie die vrees vir jou verduidelik nie, die enigste ding wat ek kon doen, was bid.”
Luister: Pascal Pienaar gesels oor draai in Hollywood, passie vir SA
Die aktrise Pascal Pienaar het in Maroela Media se ateljee vertel van haar uitdagende draai in Hollywood en haar passie vir reis en omgewingsake.
Stigter van KwaSizabantu sterf
Erlo Stegen, stigter en direkteur van die KwaSizabantu-sendingsorganisasie, is Dinsdag in die ouderdom van 88 oorlede.
Video: Olifant gee kind se verlore skoen terug
Kykers staan verstom oor die olifant se goedhartigheid en intelligensie. Ander pleit vir die dier se vrylating en meen hy moet nie in aanhouding wees in ʼn dieretuin nie.
Borgtog vir Dudu Myeni ná inhegtenisneming
Dudu Myeni en Trevor Mathenjwa het ’n kort rukkie gelede in die landdroshof in Richardsbaai verskyn.