Stigter van KwaSizabantu sterf

Erlo Stegen. (Foto: KwaSizabantu)

Erlo Stegen, stigter en direkteur van die KwaSizabantu-sendingsorganisasie, is Dinsdag in die ouderdom van 88 dood.

Stegen, ʼn Suid-Afrikaner van Duitse herkoms, het KwaSizabantu aan die einde van 1966 gestig, nadat hy geglo het ʼn Christelike herlewing het onder die Zoeloes in die destydse Natal posgevat. Die sendingstasie naby Kranskop beskou homself sedertdien as ʼn sogenaamde herlewingsbeweging en verrig al sy werksaamhede onder die vaandel van hierdie herlewing.

Die organisasie is egter die afgelope jare in omstredenheid gedompel weens bewerings van mishandeling en geldwassery wat hier plaasvind. Dit is aantygings wat die organisasie ontken.

Stegen is op 2 Maart 1935 op die plaas Paardefontein in KwaZulu-Natal gebore en luidens ʼn verklaring deur die sending, het hy sy lewe van jongs af aan God en die verspreiding van die Evangelie gewy.

“God het nou sy getroue dienskneg huis toe geroep,” lui die verklaring.

Stegen se gedenkdiens sal op Sondag 8 Oktober by die sending plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johan ·

Rus in vrede oom Erlo. Jy het die wedloop enduit volgehou, jy het die eindstreep bereik.

voor ek vergeet ... ·

Ai, ek hoop die lesers lees ook die ander berig wat hiermee verband hou – Dat die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kulturele, Godsdienstige en Taalkundige Gemeenskappe (CRL) het in hul verslag oor KSB bevind die organisasie is nie ʼn kultus nie en dat die leringe en beginsels van die organisasie binne die bestek van vryheid van geloof val. Die kommissie het ook bevind dat ʼn verkragting wel hier plaasgevind het, maar dat die oortreder reeds tronkstraf hiervoor uitdien. – Om net te noem dat die organisasie die aantuigings onken, is misleidend.

kragaap ·

Volgende ander ondersoeke klink dit nie of dinge altyd so christelik gegaan het op “oom Erlo” se plasie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.