Saterdag, Sondag (bedags) beurtkragvry

Eskom se Ingula-pompopgaarskema. (Foto: Eskom)

Danksy voortgesette verbeterde opwekkingskapasiteit asook ʼn laer verwagte vraag na krag oor die naweek, sal beurtkrag Saterdag en Sondag tussen 05:00 en 16:00 opgeskort word.

Fase 2 sal Saterdag en Sondag om 16:00 inskop.

Fase 3 sal Vrydag steeds van 16:00 tot Saterdag om 05:00 in werking gestel word.

“Eskom sal die kragsituasie fyn dophou en enige verandering aan die beurtkragskedule, indien ʼn verandering genoodsaak word, bekend maak.”

In hierdie stadium veroorsaak onklaarrakings dat 14 266 MW se kapasiteit nie beskikbaar is nie, terwyl beplande instandhoudingswerk nog 5 388 MW uit die stelsel haal.

Oor die afgelope 24 uur is ʼn opwekkingseenheid elk by onderskeidelik die Arnot-, Duvha-, Ingula- en Vanderkloof-kragstasie vir herstelwerk van lyn af gehaal. Terselfdertyd is ʼn eenheid by Hendrina weer aanlyn gebring.

Eskom probeer intussen om ander eenhede ook so gou moontlik weer aanlyn te bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Harley Davidson ·

Dit was die geval met die vorige naweek en toe ek weer sien toe is die liggies af.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.