Jy het dalk al van kopi luwak gehoor, maar die kans dat jy dit al gedrink het (of ooit sal drink), is skraal. En dis waarskynlik nie net die prys – in die omgewing van R3 000 vir 1 kg bone – wat jou gaan afskrik nie.
“Kopi” is Indonesies vir “koffie” en “luwak” is die Indonesiese woord vir ʼn sivetkat. Dié katte, wat graag in koffieplantasies bly, besoek snags die koffieplante en kies net die perfekste, soetste, ryp koffiesade met die regte waterinhoud en die perfekte suurgehalte om aan te knibbel.
Nadat die sivetkat sy middernaghappie geniet het, volg die saad die natuurlike roete … deur die kat se spysverteringstelsel. Dit word egter nie verteer nie, maar heel uitgeskei.
Iemand het dan soggens die onaangename werk om die uitskeidings by mekaar te maak en die koffiesade uit te was, wat deur die spysverteringproses nog ekstra nuanses bygekry het, te danke aan die ander soorte sade en bessies wat die kat gevreet het.
Dit is hierdie skaars en gesogte koffiebone wat as kopi luwak bekend staan. In Suid-Afrika is daar slegs enkele koffiewinkels wat kopi luwak verkoop, en jy wag soms maande (op ʼn waglys) voordat jy ʼn beurt kry om aan ʼn koppie peperduur kopi luwak te teug.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
Gggggg , los maar die koffie , sal maar eerder n eier eet dankie.
Dis nie koffie nie; dis kaffie…
‘n Kollega het kopi luwak koffiemoer van ‘n vakansie saam teruggebring; die kaffein inhoud was merkbaar hoër, andersins was dit lekker, maar nie besonder noemenswaardig nie. Ek verkies enkel-oorprong Arabica koffie bo dit.
Mmmmmm nee dankie! Die prys is eending – waansinnig! Die verwerking ooh nee kyk!
Wat is volgende, gaan ons nou vrugtevoëls begin agtervolg en hulle “verwerking” vir konfyt gebruik? Ag nee wat niks fout met huidige boeretroos nie.