Soorte resepte:

Resep: Alkoholvrye sangria

Alkoholvrye sangria (Foto: Rhodes Quality)

Hierdie vrugtige Spaanse drankie is ʼn treffer vir die somer. Sit dit voor met of sonder alkohol saam met baie ys.

Bestanddele

  • 500 ml (2 k) Rhodes Quality-bosbessievrugtesap
  • 500 ml (2 k) Rhodes Quality-rooipomelovrugtesap
  • 250 ml (1 k) Rhodes Quality-lemoenvrugtesap
  • 125 ml (½ k) suurlemoensap
  • 1 L (4 k) sodawater

OPDIENING

  • ys
  • suurlemoenskywe
  • lemmetjieskywe
  • lemoenskywe
  • vars bessies

Metode

  1. Verkoel al die bestanddele oornag.
  2. Meng die vrugtesappe saam in ʼn groot bak. Voeg die ys, suurlemoensap en sodawater by.
  3. Voeg die res van die bestanddele by net voor opdiening en sit koud voor.

Wenk: Vir ʼn soeter drankie kan jy limonade in plaas van sodawater gebruik. Voeg rooiwyn by vir ʼn alkoholiese drankie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.