Soorte resepte:

Resep-video: Geroomde koffie

Geroomde koffie (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Hierdie koffie word gemaak met gewone koffie, suiker, water en melk. Dit staan ook bekend as Dalgona-koffie, en kan as ʼn warm drankie of yskoffie gemaak word.

Lewer 2 porsies

Bestanddele

  • 2 e koffiepoeier
  • 2 e suiker
  • 2 e water
  • melk

Metode

  1. Meng koffiepoeier, suiker en water saam in ʼn bak. Klits dit nou tot die mengsel dikker raak. Hou aan klits tot dit lig en romerig word.
  2. Giet warm of koue melk in ʼn deursigtige koppie of glas en skep die romerige koffiemengsel bo op. Bedien dadelik.

Wenk: Vir ʼn heerlike yskoffie kan koue melk met ’n paar blokkies ys in gebruik word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Janie Monsieur ·

Dagsê Vlooitjie
Dankie vir jou navraag. Jy kan koue of warm water gebruik, albei werk. Maar dit wil vir my voorkom of warm water vinniger die romerige tekstuur gee.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Wondermaarnet ·

Ek drink nie suiker in my koffie nie, dus gaan dit seker nie skuim wanneer dit geklits word nie?

Debbie ·

Jy meng seker die koffie room met die melk voor jy dit drink?

Twopence ·

Ek wonder ook hoe drink jy dit, word dit gemeng met die melk of hoe? Het iemand dit al gemaak?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.