Soorte resepte:

Resep: Dadelstroop-wortelkoek

Dadelstroop-wortelkoek. (Foto: Diabetes-vriendelike poedings en gebak/Lapa Uitgewers)

Geniet hierdie wortelkoek saam met soet rooibostee of ’n beker boeretroos.

Bestanddele

Beslag

  • 60 ml neut- of saadolie met omega-3
  • 200 ml dadelstroop
  • 3 groot eiers
  • 125 ml laevet-vanieljejogurt
  • 250 ml laevetmelk
  • 500 ml volkoringmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 5 ml koeksoda
  • 10 ml gemengde speserye
  • 1,25 ml swartpeper
  • 2,5 ml sout
  • 250 ml hawersemels
  • 2 klein Granny Smith-appels, gerasper
  • 4 middelslag-wortels, gerasper
  • 125 ml fyngesnyde vars pynappel (met sap)
  • 200 ml gekapte pekanneute

Versiersel

  • 250 ml gladde maaskaas
  • 15 ml versiersuiker
  • 2,5 ml vanieljegeursel
  • 5 ml gerasperde lemoenskil
  • 5 pekanneute, heel of gekap

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 170 °C. Smeer 2 middelslag-broodpanne met ‘n bietjie kanolaolie.
  2. Meng die olie en dadelstroop in ‘n groot mengbak. Klits die eiers goed, voeg by en meng. Voeg die jogurt en melk by en meng liggies.
  3. Meng die volkoringmeel, bakpoeier, koeksoda, gemengde speserye, swartpeper, sout en hawersemels goed saam. Voeg die droë bestanddele by die eiermengsel en vou met ‘n houtlepel in sonder om te veel te meng.
  4. Roer die appels, wortels, pynappel en pekanneute daarby. Skep in die broodpanne en bak 55-65 minute by 170 °C of totdat deeg nie meer aan ‘n tandestokkie kleef nie.
  5. Maak die versiersel terwyl die koek afkoel. Meng die maaskaas, versiersuiker en vanieljegeursel goed saam tot romerig. Smeer versiersel oor die afgekoelde koek en strooi die lemoenskil en pekanneute oor.

Bron: Diabetes-vriendelike poedings en gebak
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nommer 7 ·

Klink na ‘n lekker koek, maar die bestandele gaan so tussen R400-R450 rand kos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.