Soorte resepte:

Resep: Engelse muffins

Engelse muffins (Foto: Colette Shultz)

Hierdie Engelse muffins is baie maklik om te maak met eenvoudige bestanddele. ʼn Metaal koekiedrukker word gebruik om die muffins ’n mooi ronde vorm te gee.

Lewer ongeveer 24 muffins.

Bestanddele

  • 900 ml koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 5 ml sout
  • 30 ml suiker
  • 10 g (1 sakkie) kitsgis
  • ongeveer 600 ml louwarm water
  • olie vir braai

Metode

  1. Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Voeg suiker en gis by en meng.
  2. Voeg nou die louwarm water by die meelmengsel en meng deur. Die beslag moet loperig wees.
  3. Los die deeg eenkant vir ongeveer 5 minute om te rys.
  4. Verhit olie in ’n pan vir vlakbraai. Gebruik ’n ronde metaal koekiedrukker en skep lepels vol van die beslag in die koekiedrukker.
  5. Braai die muffin oor medium tot lae hitte tot goed gaar. Verwyder die koekiedrukker en draai die muffin om en braai aan die ander kant tot gaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.